Trump nooi Palestynse leier na Withuis
Trump nooi Palestynse leier na Withuis

Trump nooi Palestynse leier na Withuis

Jo-Mare Duddy Booysen
Pres. Donald Trump van die VSA het Mahmoud Abbas, die Palestynse president, genooi om hom in die Withuis in Washington te besoek.

Die besoek sal glo binnekort plaasvind.

Nabil Abu Rdeneh, Abbas se woordvoerder, sê die Palestynse president het ’n “baie belangrike oproep” van Trump ontvang.

Sean Spicer, die Withuis-woordvoerder, het bevestig Trump het die uitnodiging aan Abbas gerig.

Rdeneh sê die Palestyne is gereed om met Trump en die Israelse regering in gesprek te tree om die onderhandelinge tussen Palestina en Israel te hervat.

Trump het in sy gesprek met Abbas gesê die tyd is ryp vir ’n “omvattende ooreenkoms” om die konflik tussen Israel en Palestina te beëindig.

Die vorige onderhandelinge het in 2014 in duie gestort.

Trump het aan die Palestynse leier gesê hy glo dat vrede tussen Israel en Palestina moontlik is.

Die VSA sal ten nouste met Israel en die Palestyne saamwerk om dit te bewerkstellig. Trump sê die VSA kan nie ’n ooreenkoms op Palestina en Israel afdwing nie.

Rdeneh sê Abbas het hom reeds verbind tot ’n vreedsame ooreenkoms met Trump indien Israel ook gereed is.

Daar was geen onmiddellike reaksie van die Israelse regering oor die uitnodiging aan die Palestynse leier nie.

Vrydag se telefoongesprek was die eerste tussen Trump en Abbas sedert Trump in Januarie president geword het.

Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, was al minstens twee keer met Trump telefonies in gesprek.

Netanyahu was boonop een van die eerste wêreldleiers wat Trump in die Withuis besoek het.

Hoewel die VSA onder Trump ’n meer toegeeflike houding jeens Israel het oor dié se bouery in besette Palestynse gebiede, het die Trump-administrasie Israel verlede week gewaarsku teen die besetting van grond in die Wesoewer omdat dit ’n “krisis” tussen die VSA en Israel kan veroorsaak.

Die VSA was nog altyd een van Israel se grootste bondgenote.

Die verhouding tussen die regering van oudpres. Barack Obama en Israel was baie stram. – Netwerk24/SkyNews/The Washington Times

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!