Trump onversetlik oor onwettige immigrante
Bring besoek aan Mexiko se Peña Nieto
Die Republikeinse Party se presidentskandidaat, Donald Trump, was Woensdag in Phoenix, Arizona, onversetlik oor onwettige immigrante in ’n toespraak wat vooraf wêreldwyd groot belangstelling gewek het.
Trump het die afgelope tyd sy standpunt oor onwettige immigrante skynbaar effens versag, maar in Woensdag se toespraak het hy afkeurend verwys na die 11 miljoen mense wat onwettig in Amerika is.
Dit volg skaars ’n week nadat hy gesê het baie van die immigrante is “wonderlike mense” wat bygedra het tot die Amerikaanse samelewing. Hy sê nou immigrante moet “teruggaan huis toe” en dan weer aansoek doen om hertoegelaat te word.
‘Mexiko sál vir grensmuur betaal’
Hy het weer belowe dat Mexiko vir ’n “groot grensmuur” tussen dié twee lande gaan betaal – skaars ure nadat die Mexikaanse president, Enrique Peña Nieto, glo in ’n vergadering met Trump gesê het sy land sal nié daarvoor betaal nie.
“Ons sal ’n groot muur op die suidelike grens bou. En Mexiko sal daarvoor betaal, 100%. Hulle weet dit nog nie, maar hulle gaan vir daardie muur betaal,” sê Trump. Trump het vroeër op ’n mediakonferensie saam met Peña Nieto gesê hy en die Mexikaanse president het nié bespreek wie vir die muur gaan betaal nie.
Peña Nieto het in die konferensie niks gesê hieroor nie, maar het later getwiet: “Aan die begin van die gesprek met Donald Trump het ek dit duidelik gemaak dat Mexiko nie vir die muur gaan betaal nie.”
Peña Nieto het in ’n latere TV-onderhoud gesê Trump se beleid hou ’n ernstige bedreiging vir Mexiko in. Volgens die president, wat onder skoot gekom het oor sy besluit om Trump te nooi en te ontvang, het hy Trump juis genooi om dié bedreigings “te konfronteer”.
Sirië, Libië ook in visier
In sy toespraak in Phoenix het Trump gesê sy prioriteit in die stryd teen onwettige immigrante in Amerika is om dié wat ernstige misdade gepleeg het, so gou as moontlik te deporteer.
Hy sê hy sal ’n kommissie aanstel om aanbevelings te doen oor immigrasie wat van bepaalde streke en lande opgeskort moet word. Sirië en Libië is hoog op sy lys.
Trump het verder beloof dat hy ’n “deportasie-taakmag” op die been sal bring om misdadigers te identifiseer wat gedeporteer kan word.
‘Stommiteit’ om Trump te nooi
“Die president het ’n propagandahulpmiddel vir die land se grootste vyand geword,” het ’n Mexikaanse politieke ontleder gesê voordat Trump na Mexiko vir sy ontmoeting met Peña Nieto vertrek het.
“Nee, hierdie is nie ’n berekende risiko nie. Dit is stommiteit op ’n monumentale skaal. Dit kan op geen manier goed uitwerk nie,” het Jesús Silva Herzog gesê.
Peña Nieto het ook vir Hillary Clinton, die Demokratiese Party se presidentskandidaat, genooi. Dit is nie bekend of sy die uitnodiging aanvaar het nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie