Trump op oorlogspad oor Noord-Korea
Die Amerikaanse president sê Kim Jong-oen en sy regime is besig om hul eie graf te grawe.
Pres. Donald Trump van die VSA het Dinsdag gedreig om Noord-Korea te “verpletter” en hy het Kim Jong-oen, dié land se leier, as ’n “vuurpylman” op ’n selfdoodsending beskryf.
Trump het in ’n toespraak in New York voor die algemene vergadering van die Verenigde Nasies uitgevaar teen Noord-Korea se kernwapenprogram en die strengste waarskuwing nóg aan dié geïsoleerde Oos-Asiese land gerig.
Die Noord-Koreaanse leierskorps in Pjongjang het die afgelope tyd ondanks hewige sanksies teen die land voortgegaan om interkontinentale missiele af te vuur en kernwapens te toets.
Trump sê Kim en sy regime is besig om hul eie graf te grawe en sal dalk heeltemal vernietig moet word as hulle nie bes gee nie.
Noord-Korea se diplomatieke sending na die VSA het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. ’n Junior Noord-Koreaanse diplomaat het in die voorste ry van die afgevaardigdes gesit om na Trump se toespraak te luister.
Dit was Dinsdag Trump se eerste verskyning voor dié byeenkoms van wêreldleiers in New York.
Hy het in sy toespraak van 41 minute ook uitgevaar teen Iran se ambisies om kernkrag te ontwikkel en hy het hul invloed in die Midde-Ooste, die gevaar van Islamitiese ekstremisme en Venezuela se ineenstortende demokrasie ook uitgelig. Hy het ook die Kubaanse regering gekritiseer.
Trump het egter meestal op Noord-Korea gehamer en die Verenigde Nasies en sy lidlande aangemoedig om die Kim-regering te isoleer totdat dié sy “vyandige gedrag” staak.
“Dit is nie ’n kwessie tussen die VSA en Noord-Korea nie. Dit is ’n kwessie tussen die wêreld en Noord-Korea,” het H.R. McMaster, Trump se nasionale veiligheidsadviseur, vroeër gesê.
António Guterres, die VN se sekretaris-generaal, het voor die vergadering gewaarsku geen oplossing vir Noord-Korea se kernbombedreiging kan die gebruik van geweld insluit nie.
“Die oplossing (vir Noord-Korea) kan net polities van aard wees. Militêre optrede kan verwoesting saai op ’n skaal wat eers ná generasies oorkom sal kan word,” het Guterres Maandag gewaarsku.
Die VN se Veiligheidsraad van 15 lede het verlede week sy negende sanksieresolusie sedert 2006 teen Noord-Korea se program vir kern- en ballistiese toetse aanvaar.
Nikki Haley, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het Vrydag gesê die VN-sanksies het 90% van Noord-Korea se openbaar verklaarde uitvoer verbied en dit is in Pjongjang se eie hande hoe hulle besluit om die situasie te hanteer.
Washington het sy opsies, wat Noord-Korea betref, by die Veiligheidsraad “uitgeput”, het Haley aan CNN gesê.
Iran en Noord-Korea sal op versoek van die VSA ook baie aandag kry op ’n Veiligheidsraadsvergadering Donderdag om die toename in wapens van massavernietiging te bespreek.
Leiers en diplomate sal ook ander krisisse, soos dié in Libië, Sirië, Suid-Soedan, Mali, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Jemen en Irak bespreek, asook die situasie in Mianmar, waar die regering van etniese suiwering beskuldig word. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie