Trump op pad na Mexiko-grens
Trump op pad na Mexiko-grens

Trump op pad na Mexiko-grens

Die Amerikaanse president en die Demokrate stamp steeds koppe oor sy muur.
Pres. Donald Trump van Amerika sal môre die suidelike grens van Amerika besoek te midde van die gedeeltelike sluiting van die Amerikaanse federale regering.

Die gedeeltelike sluiting van die regering duur reeds drie weke en het gevolg nadat die president en die Demokratiese Party nie tot ’n vergelyk kon kom oor Trump se aandrang dat meer as US$5,7 miljard uit die federale begroting bewillig word vir die bou van ’n muur op die suidelike grens van Amerika met Mexiko nie.

Sarah Sanders, Trump se woordvoerder, het Maandag getwiet die president sal na die suidelike grens reis om met diegene op die voorpunt van die nasionale veiligheids- en humanitêre krisis te praat.

Groot dele van die federale regering is sedert 22 Desember gesluit met sowat 800 000 staatswerkers wat tans tuisbly en nie betaal word nie.

Trump wil Amerikaners toespreek terwyl hy Amerika se grens met Mexiko besoek, maar die Demokrate het nie op hulle laat wag om te vra of hulle dan ook die nasie kan toespreek nie.

In die jongste armdrukkery oor die grensmuur meen die Demokrate Trump gaan die land probeer mislei.

Trump het Maandag gedreig om ’n nasionale noodtoestand af te kondig, maar Mike Pence, adjunkpresident, sê Trump het nog nie finaal daaroor besluit nie.

Trump wou die nasie gister toespreek, waarna die Demokrate gevra het of hulle dieselfde geleentheid gegun gaan word nadat die groot TV-stasies ingestem het om die toespraak uit te saai.

Nancy Pelosi, nuwe speaker, en Chuck Schumer, die Demokrate se leier in die senaat, meen Trump gaan die land probeer mislei met sy toespraak.

“Noudat die televisienetwerke besluit het om Trump se toespraak uit te saai, moet hulle vir ons ook lugtyd gee. As ons na sy vorige toesprake as aanduiding kyk, kan ons verwag dat sy toespraak vol kwaadwilligheid en verkeerde inligting sal wees,” het dié twee in ’n verklaring gesê.

Trump belowe al sedert sy presidensiële verkiesingsveldtog dat hy ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko sal oprig en het Maandag aangedui dat hy met ’n muur van staal tevrede sal wees. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!