Trump-regering erken aardverwarming
Die Withuis wou nie sê of pres. Donald Trump saamstem met die verslag se resultate nie.
Die Trump-regering het ’n omvattende klimaatsverslag uitgereik wat tot die gevolgtrekking kom dat die aarde teen ’n skrikwekkende spoed warmer word weens menslike aktiwiteite.
Die aarde ondergaan sy warmste tydperk “in die geskiedenis van die moderne beskawing”, wat hoofsaaklik veroorsaak word deur die stygende vlakke van koolstofdioksied, volgens die studie wat Vrydag uitgereik is.
Die Withuis wou nie sê of Trump saamstem met die verslag se resultate nie.
Die verslag, wat deur die Amerikaanse wêreldveranderings-navorsingsprogram uitgereik is, is in 2015 onder pres. Barack Obama aangevoor.
Die gevolgtrekkings oor smeltende gletsers, kleiner wordende sneeulae, oseaanversuring en ander gevolge van ’n verwarmende planeet is beswaarlik nuut. Die sentrale aanname, dat mense die skuld moet kry, weerspreek vorige uitlatings van pres. Donald Trump en talle hoë lede van sy administrasie wat die wetenskaplike bevindinge oor klimaatsverandering in twyfel getrek het.
Die Withuis wou nie sê of Trump saamstem met die verslag se resultate nie. ’n Woordvoerder het ’n verklaring uitgereik wat lui dat die administrasie deeglike wetenskaplike ontleding en besprekings voorstaan.
‘Geen politieke inmenging’
“In Amerika is energieverwante koolstofdioksied besig om af te neem, sal na verwagting afgeplat bly tot 2040, en sal ook aanhou om te daal as ’n deel van die wêreld se uitlatings,” het Raj Shah, ’n woordvoerder, in ’n verklaring gesê.
Wetenskaplikes het hul kommer uitgespreek dat die Withuis óf die verslag se bevindinge sal verander óf keer dat dit uitgereik word.
Woensdag het nege Demokratiese senators ’n brief aan Wilbur Ross, minister van handel, gestuur en gevra dat die administrasie nie inmeng nie. Op die ou end is die verslag uitgereik soos die wetenskaplikes dit geskryf het.
“Ek kan met vertroue sê dat daar geen politieke inmenging in die wetenskaplike boodskap in hierdie verslag is nie,” het David Fahey, ’n navorsingsfisikus van die nasionale oseanografiese en atmosferiese administrasie en die koördinerende skrywer van die verslag, Vrydag gesê.
Gemagtig volgens wet
Dit sou nie vir die Trump-administrasie maklik gewees het om die verslag geheim te hou of te verander het nie, sê Rachel Licker, ’n klimaatswetenskaplike van die Cambringe-unie van Besorgde Wetenskaplikes in Massachusetts.
Die studie is deur die Kongres gemagtig volgens ’n wet van 1990 wat deur pres. George H. Bush onderteken is. Dit het ook ’n deeglike hersieningsproses ondergaan, wat openbare kommentaar en etlike federale agentskappe ingesluit het.
Die verslag kom op ’n tydstip waar die Trump-administrasie fossielbrandstof aggressief bevorder en staatsprogramme om teen klimaatsverandering te veg aftakel. Vrydag se verslag beteken nie dat dit noodwendig gaan verander nie, sê Licker in ’n onderhoud.
“Dit is ’n verslag wat nie enige beleidsoptrede voorskryf nie,” sê sy. “Dit sê nie vir Amerika wat om te doen nie. Dit staan die beleidmakers in die administrasie te doen.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie