Trump su00ea ondersoek teen hom is gek
Trump su00ea ondersoek teen hom is gek

Trump sê ondersoek teen hom is gek

Pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag teen die Demokrate uitgevaar nadat dit aan die lig gekom het dat hulle die Withuis wil dagvaar oor Trump se samesprekings met Oekraïne.

Dít volg nadat ’n fluitjieblaser onthullings oor Trump se gesprek met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne gemaak het.

Die fluitjieblaser sê Trump het Zelenski glo vir politieke gunste gevra en gevra dat Zelenski moet help sodat hy herverkies kan word. Hy het Zelenski glo ook gevra om Joe Biden, een van die Demokrate se gunsteling-presidentskandidate, se seun, Hunter, se saketransaksies in dié land te bekyk.

Trump het egter Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê die ondersoek na sy gesprek is ’n kullery en het dit as “bedrog” bestempel, waarna hy bygevoeg het dat hy sy samewerking met die ondersoek sal gee.

Hy het daarna teen ’n Reuters-joernalis uitgevaar wat wou weet wat Trump wou hê Zelenski in verband met Biden se seun moes doen.

“Dit is ’n hele skelmstreek en weet jy wie koop in, in dié gekul? Mense soos jy en die fopnuusmedia wat ons in dié land het.”

Trump het die joernalis daarna aangesê om nie ongeskik te wees nie, terwyl hy die vraag ontduik het.

Soos vroeër berig word Trump ondersoek weens dié beweringe teen hom.

Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, het Sondag gesê dat sy die ondersoek na die staat van beskuldiging teen Trump wil “bespoedig.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!