Trump su00ea Rusland moet uit Venezuela padgee
Trump su00ea Rusland moet uit Venezuela padgee

Trump sê Rusland moet uit Venezuela padgee

Pres. Donald Trump van Amerika het Rusland Woensdag aangesê om sy troepe uit Venezuela te verwyder en het gedreig dat “alle opsies” oop is om hulle daar weg te kry.

Twee vliegtuie van Rusland se weermag het Saterdag buite Caracas geland en daar is 'n vermoede dat daar minstens 100 Russe aan boord was.

Rusland en China ondersteun die beleërde pres. Nicolas Maduro, terwyl Amerika en ander Westerse lande reeds aangedui het dat hulle Juan Guaido, leier van die opposisie wat as president ingehuldig is, ondersteun en as regmatige leier beskou.

Guaido het die presidentskap in Januarie oorgeneem nadat hy Maduro se verkiesing in 2018 as 'n bedrogspul bestempel het.

“Rusland moet uit,” het Trump aan joernaliste in die Withuis gesê, waar hy Guaido se vrou, Fabiana Rosales, ontmoet het.

Joernaliste wou weet hoe Trump te werk sal gaan om Rusland uit Venezuela te kry.

“Ons sal sien. Alle opsies is oop,” het Trump geantwoord.

Venezuela sukkel tans met voortslepende kragonderbrekings wat veroorsaak dat kos in yskaste sleg word, mense na hul werk moet loop en dat bekommerde familielede in die buiteland op enige brokkie nuus wag van inwoners wat dan en wan toegang tot telefone en die internet verkry.

Intussen het Trump Woensdag 'n onderhoud aan Fox News toegestaan waar hy Robert Mueller se ondersoek na Russiese inmenging in die 2016-presidensiële verkiesing beskryf het as ’n poging om die regering oor te neem, berig CNN.

Hy sê hulle kan nie toelaat dat dié tipe landsverraad eendag met 'n ander president gebeur nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!