Trump se aanval op Iran kan SA petrolprys laat styg
Die Iranse regering het gesê hy gaan nie meer langer by enige beperkinge hou oor hoeveel uraan hy mag verryk nie.
Die lugaanval op die Irakse hoofstad Bagdad Vrydag kan beteken dat Suid-Afrikaners meer vir brandstof gaan moet betaal.
Die Brent-ruolieprys het ná dié aanval tot bó $70 per vat gestyg.
Dit verhandel Maandagoggend teen $70,06 per vat.
Dit is die eerste keer sedert Mei 2019 dat olie bo dié vlak verhandel.
Olie het Vrydag nog teen $69,64 per vat verhandel.
Bloomberg berig die grootste rede vir dié dramatiese styging is weens kommer oor die verhouding tussen die VSA en Iran.
Dit volg nadat die Iranse genl.maj. Kassem Soleimani Vrydag dood is in die lugaanval wat Trump goedgekeur het.
Die Iranse regering het reeds gesê hy gaan nou nie meer langer by enige beperkinge hou oor hoeveel uraan hy mag verryk nie.
Boonop het Trump van die VSA gesê hy is bereid om Iran “in ’n wyse wat buite verhouding is” aan te val, sou daar enige teenaanvalle teen Amerikaanse teikens wees.
Bob McNally, van die Rapidan Energy Group in Bethesda, in die Amerikaanse deelstaat Maryland, sê daar word verwag dat Iran skepe wat olie vervoer asook fasiliteite waar olie gestoor of verwerk word, gaan aanval.
McNally was voorheen pres. George W. Bush se raadgewer wat olie betref.
McNally sê hy verwag die olieprys kan binnekort tot bó $80 per vat styg.
Toenemende spanning tussen die VSA en Iran het reeds tot ongekende ontwrigting in oliemarkte gelei.
Die VSA het vir Iran geblameer vir die hommeltuigaanval in September op Saudi Aramco se Abqaiq-raffinadery in Saoedi-Arabië.
Oliepryse het kort na dié aanval die hoogte ingeskiet tot $68,16 per vat.
Dit het kort voor die aanval nog teen $59,64 per vat verhandel.
Hoewel daar tóé voorspel is dat die wêreld hom gereed moet maak vir maande van duur olie, het die prys teen 2 Oktober weer tot $57,46 per vat gedaal.
Dit styg wel sedertdien.
Sou die olieprys aanhou klim, is duurder petrol en diesel te wagte vir Suid-Afrikaners.
Die Sentrale Energiefonds het Vrydag nog gesê danksy die rand wat sedert middel Desember sterker teenoor die dollar verhandel, is daar ’n oorverhaling (potensiële daling) van sowat 14c per liter op die prys van 95-oktaan-petrol.
Dit het egter die afgelope paar dae reeds kwaai gekrimp weens die verswakkende rand en stygende olieprys.
Die onderverhaling (potensiële styging) op diesel is nagenoeg 19c per liter. Die oorsigmaand vir Februarie is vyf weke lank en eindig eers op 30 Januarie voordat pryse op 5 Februarie van krag word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie