Trump se buie bepaal VSA se buitelandse beleid
Na anderhalf jaar in die Withuis word steeds meer vrae gevra oor die wyse waarop die VSA president sy buitelandse beleid formuleer.
Leopold Scholtz
Twee praktiese voorbeelde van hoe pres. Donald Trump sy buitelandse beleid voer – Iran en Noord-Korea – het vandeesweek die nuus gehaal. Leopold Scholtz ontleed dit.
Die formulering van buitelandse beleid is 'n saak wat meestal op lang memorandums en talle vergaderings berus. Dis naamlik geen eenvoudige saak nie; dit hang van talle faktore af.
Politieke wetenskaplikes identifiseer soms breedweg vyf pilare wat 'n land se buitelandse beleid beïnvloed – sy geografiese posisie, sy ekonomiese situasie, sy militêre krag, die aard van sy bevolking, en sy politieke kultuur.
Daarby kom natuurlik die bewindhebbers se eie skatting van 'n bepaalde situasie. Dit kan na gelang van hul eie politieke oortuigings van geval tot geval verskil.
As dit goed is, sal 'n buitelandse beleid in elk geval minstens taamlik pragmaties wees en rekening hou met 'n land se sterk en swak punte, asook met dié van sy mededingers.
Waarop buitelandse beleid nié behoort te berus nie, is skielike bevliegings.
Dit moet wel berus op rasionele oorwegings, al is meer as een antwoord meestal moontlik.
Na anderhalf jaar in die Withuis word steeds meer vrae gevra oor die wyse waarop pres. Donald Trump sy buitelandse beleid formuleer. Steeds meer getuienis kom na vore dat hy dit soms op die ingewing van die oomblik, sonder veel nadenke, bepaal.
Noord-Korea maak
steeds missiele
Die aankondiging van 'n paar weke gelede dat hy 'n spitsberaad met die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen, wil hou, het uit die bloute gekom.
Dis nie dat daar prinsipiële besware was nie; wie kan nou gekant wees teen gesprekke om betrekkinge te verbeter?
Maar die saak is luidens berigte nie intern behoorlik deurgetrap nie. Dit was 'n Trump-bevlieging.
Op die beraad self het Trump, weer uit die bloute, aan 'n belangrike eis van Kim toegegee; dat die VSA sy militêre oefeninge met Suid-Korea staak. Nie net was dit 'n totale – onaangename – verrassing vir die Suid-Koreane nie; selfs die Pentagon is nie ingelig of geraadpleeg nie.
In ruil vir dié belangrike geskenk het Trump 'n vae toegewing gekry dat Noord-Korea saam met die VSA na 'n kernwapenvrye Koreaanse skiereiland sal streef.
Hy wis ook nie wat agter dié woorde skuil nie, naamlik dat ook die VSA sy kernwapens uit die skiereiland moet verwyder.
Sedertdien het Noord-Korea weliswaar sommige van sy beloftes nagekom. Een toets-lanseerterrein wat klaarblyklik oorbodig geword het, is opgeblaas, en die oorskot van gesneuwelde Amerikaanse soldate uit die Koreaanse Oorlog (1950-'53) is aan Amerika teruggegee.
Pompeo repudieer
Trump oor Iran
Iran is 'n tweede voorbeeld. Toe Trump vroeër vandeesweek op 'n mediakonferensie gevra is of hy gewillig sal wees om – net soos hy met Kim Jong-oen gemaak het – vir pres. Hassan Rouhani sonder voorwaardes te ontmoet, was die president se spontane antwoord “ja”.
“Ek sal enigiemand ontmoet. Ek glo in byeenkomste.”
Hy het bygevoeg hy “glo in praat met ander mense, veral as jy praat oor moontlike oorlog en dood en hongersnood en baie ander dinge”.
Weer eens dui alles egter daarop dat Trump se antwoord op die ingewing van die oomblik was, sonder om eers sy raadgewers te ken en sy woorde sorgvuldig te weeg.
Sy eie minister van buitelandse sake, Mike Pompeo (wat 'n stewige indruk op waarnemers in sy huidige pos maak), het die president blitsvinnig beleefd gerepudieer. In 'n onderhoud met die televisiestasie CNBC het hy heelparty voorwaardes vir só 'n ontmoeting gestel:
Van Trump se bereidheid om “sonder voorwaardes” te praat tot Pompeo se rits voorwaardes wat daarop neerkom dat Iran 'n ommekeer van 180 grade moet maak, is nogal 'n afstand.
Dit is voorwaardes wat almal weet Iran hom nie aan gaan onderwerp nie. Maar ook Iran het 'n gesprek met Trump verwerp.
'n Senior raadgewer van pres. Rouhani, Hamid Aboutalebi, het gesê éérs moet die VSA na die internasionale kernwapenverdrag van 2015 met Iran (iets waaruit Trump Amerika onlangs onttrek het) terugkeer, dán kan 'n gesprek dálk moontlik wees.
Intussen beskou Iran die VSA as 'n onbetroubare moondheid.
Niemand weet wat
Trump vir Poetin gesê het
'n Derde voorbeeld, wat eintlik al twee weke oud is, is Trump en Rusland. Trump het vooraf openlik gesê hy bodder nie om vir sy beraad met pres. Wladimir Poetin voor te berei nie.
Hy is 'n “stabiele genie”, het hy in 'n ander, verwante verband, gespog.
Op Trump se aandrang het hy eers lank alleen met Poetin vergader met net twee tolke by.
In die internasionale politiek is dit absoluut ongehoord. Enersyds kan geen politikus, al is hy volgens homself ook 'n genie, alle kennis en insig vir só iets belangriks byderhand hê nie; dus is daar áltyd hooggeplaaste raadgewers en amptenare teenwoordig, plus een of meer sekretarisse wat alles wat gesê word, noukeurig opteken.
Maar buiten Poetin, Trump en die tolke weet niémand wat tussen die twee gebeur het nie. Natuurlik dring niemand op die oopvlek van geheime aan nie, maar tensy Poetin sý weergawe onmiddellik opgeskryf het, sal niemand ooit weet wat tussen die twee afgespeel het nie.
Dít is hoe Donald Trump sy buitelandse beleid bedryf.
* Dr. Scholtz is 'n onafhanklike politieke ontleder wat in Nederland woon. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie