• Tuisblad
  • Sake
  • Trump se selfone ‘kwesbaar vir kuberkrakers’
Trump se selfone u2018kwesbaar vir kuberkrakersu2019
Trump se selfone u2018kwesbaar vir kuberkrakersu2019

Trump se selfone ‘kwesbaar vir kuberkrakers’

Volgens ’n ondersoek deur die Amerikaanse politieke nuusblad Politico ignoreer Amerika se pres. Donald Trump na bewering protokol wat veronderstel is om sy kommunikasietoestelle teen die gevare van kuberkrakers te beskerm.

Politico berig Trump besit minstens twee iPhones, een waarmee hy bel en een waarmee hy twiet en die nuus lees.

As protokol gevolg word, moet die kamera op albei dié toestelle gedeaktiveer word en op ’n gereelde basis ondersoek word, maar dit word glo nie gedoen nie.

Die foon waarmee Trump bel se kamera werk na wat berig word nog en veiligheidspersoneel is bekommerd daaroor dat dit en die foon se mikrofoon ’n maklike teiken vir kuberkrakers kan wees.

Pres. Barack Obama het in die verlede aangedui sy presidensiële foon se mikrofoon én kamera was gedeaktiveer om sulke risiko’s uit die weg te ruim. Volgens Politico se verslag is minstens die GPS op Trump se fone gedeaktiveer wat beteken kuberkrakers kan nie met die foon sy ligging bepaal nie.

Trump se veiligheidspersoneel plaas nou druk op die president dat hulle sy Twitter-foon elke maand uitruil as voorsorgmaatreël, maar hy weier. Trump voer glo aan dit sal te veel van ’n ongerief wees en gevolglik is dié toestel meer as vyf maande laas ondersoek.

Die belfoon word wel meer ondersoek, meen die blad se anonieme bron. Dié bron het wel aan Politico genoem dat Trump se Twitter-rekening beveilig is deur bykomende veiligheid om die aanslag van ’n kuberkraker te help keer.

Volgens The Verge is personeel tereg bekommerd aangesien enige foon teoreties gekuberkraak kan word.

Misdadigers kan basies vanaf enige plek op aarde danksy ’n foon se internetverbinding die toestel se mikrofoon of kamera aktiveer en só op die eienaar spioeneer. Kuberkrakers weet ook dat Trump aktief is op Twitter en kan hom probeer om die bos lei om op ’n kwaadwillige skakel te kliek wat spioenasieprogrammatuur op sy foon installeer.

Daar heers al ’n geruime tyd kommer oor Trump se kommunikasiegewoontes. Hy het ná sy verkiesing glo ’n hele ruk geneem om sy privaat Android-foon vir ’n iPhone in te ruil wat deur veiligheidspersoneel beveilig is.

Sy skynbare gebrek aan bereidwilligheid om behoorlike protokol te volg en sy kommunikasie te beveilig staan in skrille kontras met sy konstante kritiek teen sy voormalige teenstander Hillary Clinton rakende die manier waarop sy haar e-posse op ’n onveilige bediener geberg het. – Netwerk24/Bronne: Politico, The Verge, Mashable

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!