Trump se skoonseun mag nie geheime sien

Toe pres. Donald Trump sy skoonseun as raadgewer na die Withuis gebring het, het baie buitestaanders dit as nepotime beskou en nou het dit 'n bron van verleentheid vir die Withuis geword.
Pres. Donald Trump se skoonseun en raadgewer, Jared Kushner, het toegang tot die waardevolste Amerikaanse intelligensieverslae verloor.

Dit is deel van die Withuis se besluit om strenger beheer op die toegang tot dié inligting toe te pas, het twee anonieme beamptes vertroud met die kwessie Dinsdag gesê.

Daar word ook bespiegel dat dit te doen het met 'n verslag waarin dit aan die lig kom dat minstens vier lande bespreek het hoe hulle dit kan uitbuit en Kushner kan manipuleer omdat hy onervare is, finansiële probleme het en verwring is in ingewikkelde sake-ooreenkomste. Die verslag is in die Was­hington Post gepubliseer, berig CNN.

Volgens bronne het Kushner, wat die afgelope jaar toegang tot geheime dokumente gehad het, die afgelope paar weke geen toegang gehad nie.

'n Derde beampte, wat ook anoniem wil bly, het gesê Rod Rosenstein, adjunkprokureurgeneraal, het onlangs nuwe inligting aan Don McGahn, Witshuis-regsadviseur, gestuur wat tot die beëindiging van Kushner se hangende aansoek om toegang tot geheime dokumente gelei het. Die aard van hierdie inligting is onbekend.

Dit is onduidelik of Kushner weer sekerheidsklaring sal kry.

Kushner se Wit­huis-woordvoerder het nie foonoproepe be­antwoord nie. Trump het ook Dinsdagmiddag verslaggewers se vrae oor Kushner geïgnoreer.

Abbe Lowell, Kushner se prokureur, sê in 'n verklaring Kushner het meer gedoen as wat van hom verwag word in hierdie proses.

“Dit is nie ongewoon dat die proses so lank neem om toegang tot die dokumente en verslae te verkry nie. Dit vat maar so lank met 'n nuwe regering,” sê Lowell.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!