Trump se voormalige raadgewers aangekla

'n Ondersoek na Russiese inmenging in die Amerikaanse 2016-verkiesing het gister nuwe gevaar vir die Withuis ingehou.
NAMPA
Die voormalige voorsitter van die verkiesingsveldtog, Paul Manafort, en nog ‘n raadgewer, Rick Gates, het Maandag in die hof verskyn en onskuldig op klagte van sameswering teen Amerika, geldwassery en verskeie ander gepleit.

Hulle is op onderskeidelik op borgtog van US$10 miljoen en US$5 miljoen vrygelaat en onder huisarres geplaas.

Daarbenewens het nog ‘n raadgewer van pres. Donald Trump, George Papadopoulos, skuldig gepleit op ‘n klag dat hy vir die FBI oor sy Kremlin-verwante kontakte gelieg het.

Die klagte was ‘n plofbare openingsalvo van die onafhanklike ondersoekbeampte, Robert Mueller, wat die ondersoek na Russiese inmenging in die 2016-verkiesing lei.

Manafort en Gates word daarvan beskuldig dat hulle miljoene dollar versteek het wat uit werk vir die Oekraïense politikus Viktor Yanukovych en sy pro-Moskou politieke party verdien is.

Papadopoulos, ‘n voormalige raadgewer van Trump oor buitelandse beleid, het erken dat hy kontakte met ‘n Moskouse professor verbloem het wat “vuil wasgoed” oor Hillary Clinton, Trump se teenstander in die verkiesing, aangebied het.

Die onthullings het ‘n woedende en uitdagende reaksie van Trump uitgelok wat aantygings van sameswering verwerp het en gesê het die ondersoek moet op Clinton fokus.

Trump het getwiet: "Sorry, but this is years ago, before Paul Manafort was part of the Trump campaign. But why aren't Crooked Hillary & the Dems the focus???? . . . Also, there is NO COLLUSION!"

Die klagte kom dae voor die eerste herdenking van Trump se verkiesingsoorwinning op 8 November 2016 en op die vooraand van samesprekings deur die Amerikaanse kongres en senior bestuurders van Facebook, Google en Twitter waarin die kongres wil probeer vasstel hoe Rusland via sosiale media en ander aanlyn media pogings aangewend het om die verkiesing te beïnvloed. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!