Trump se vuurwa toe nie su00f3 gewild
Trump se vuurwa toe nie su00f3 gewild

Trump se vuurwa toe nie só gewild

Estelle de Bruyn
Nie eens die feit ’n 2007 Ferrari F430 F1 Coupé voorheen aan Donald Trump behoort het, kon voornemende kopers baie opgewonde oor dié vuurwa maak nie.

Sotheby’s wat Saterdag in Florida in die VSA die motor wou verkoop, het dit van die veiling onttrek omdat dit nie die reserweprys van US$250 000 kon haal nie.

Die hoogste bod was vir US$240 000 terwyl daar gehoop is dat die motor vir soveel as US$350 000 verkoop sou word.

Sotheby’s het wel ure later bevestig die motor is wel aan ’n private koper vir US$270 000 verkoop. Geen besonderhede is verskaf oor wie dit gekoop het nie.

Die verkoopsprys van die motor is laer as voriges wat Trump verkoop het.

Sy Cadillac-limousine is in April vir US$68 261 deur Bonhams in Engeland verkoop. Volgens die versekeraar Hagerty is dit tussen vier en sewe keer die gemiddelde waarde van hierdie soort Amerikaanse limousine van dieselfde era.

Die nuwe Amerikaanse president se Lamborghini Diablo is in September vir US$460 000 op eBay verkoop. Dit was 75% meer as huidige pryse vir Diablos.

Jonathan Klinger, ’n woordvoerder van Hagerty, sê die Ferrari se lae prys kon wees weens die feit dat dit voorheen aan ’n “polariserende” president wat dit self gebruik het, behoort het.

Die motor is deur ’n tweede eienaar verkoop.

“Die aanloklikheid van die motor is waarskynlik laer omdat dit nie direk deur Trump verkoop is nie,” sê Klinger. Netwerk24/Verwerk uit Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!