Trump skop vas
Die Amerikaanse president appelleer teen 'n federale regter se bevinding oor sy onlangse reisverbod.
Die Trump-regering het gister appèl aangeteken teen die hofbevinding dat die verbod op mense van sewe spesifieke lande om die land binne te kom, ongrondwetlik is.
Intussen stroom reisigers uit die sewe hoofsaaklik Moslemlande en vlugtelinge deur die grense om Amerika binne te kom terwyl die verbod, hoewel moontlik net tydelik, nie geld nie.
Amerika se regering het gewaarsku die hofbevel stel alle Amerikaners in onmiddellike gevaar. Dit voorkom dat die regering kan optree en dit bevraagteken die nuutverkose president, Donald Trump, se oordeel ten opsigte van Amerika se nasionale veiligheid.
Trump het ná die hofbevel, waarin die regter die verbod ongrondwetlik bevind het, na die regter verwys as 'n “sogenaamde” regter.
Die tydelike weerhoudingsbevel Vrydag deur distriksregter James Robart in Seattle sal hangende 'n volledige hersiening van 'n klag deur Bob Ferguson, prokureur-generaal van Washington, landwyd van krag bly.
“Die grondwet het vandag geseëvier,” het Ferguson gesê en die regter se bevinding as geskiedkundig beskryf. “Niemand is bo die reg verhewe nie – nie eers die president nie. Ek het van die begin af gesê dit is nie die hardste stem wat in 'n hof gehoor word nie, dit is die grondwet.”
Hy het daarop gewys dat Robart deur die Republikeinse pres. George W. Bush aangestel is.
Vrydag se uitspraak was nie die eerste waarin Trump se bevel uitgedaag word nie, maar dit is die verreikendste, aangesien dit die pilare waarop die bevel rus, laat wankel.
Gillian Christensen, 'n woordvoerder van die departement van binnelandse veiligheid, het gesê die departement lewer nie kommentaar op regsprosesse wat hangend is nie.
Volgens Ferguson kom die bevel daarop neer dat enigiemand met 'n geldige visum toegelaat moet word om die land binne te kom.
Robart se bevel volg op 'n aansoek wat Ferguson ingedien het om die kernaspekte van Trump se uitvoerende bevel ongeldig te laat verklaar.
Ingevolge dié bevel word Siriese vlugtelinge onbepaald toegang tot die VSA geweier en mag burgers van Iran, Irak, Libië, Somalië, die Soedan, Sirië en Jemen die land vir 90 dae nie binnekom nie.
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie