Trump stuur duisende soldate na grens
Die Amerikaanse departement van verdediging het Sondag aangekondig dat 3 750 addisionele soldate vir drie maande na die suidweste van Mexiko ontplooi gaan word om die grens te patrolleer.
Dít beteken dat daar dan altesaam 4 350 soldate op die grens ontplooi is.
Pres. Donald Trump wat meen daar is ’n enorme krisis op die grens, gaan na verwagting baie fokus op die grens plaas in sy staatsrede wat hy gister in die kongres sou lewer.
Trump se paniek oor die muur het gelei tot die langste sluiting van die regering in die VSA se geskiedenis, van net voor Kersfees. Dit is uiteindelik op 25 Januarie beëindig.
Trump, leier van die Republikeinse Party, wou gehad het die huis van verteenwoordigers, waar die Demokrate ná die onlangse middeltermynverkiesing in beheer is, moet US$5,7 miljard vir ’n grensmuur met Mexiko opdok in ruil vir wetgewing om die federale agentskappe wat gesluit is, te finansier.
Ondanks aanvanklike ondernemings om nie die knie te buig nie, het Trump uiteindelik wetgewing goedgekeur wat sal verseker dat die federale regeringsdepartemente tot 15 Februarie geld sal hê om hul werk voort te sit.
Trump het gedreig hy sal weer die regering sluit indien hy en die Demokrate nie tot ’n vergelyk kom nie, terwyl hy Amerikaners daaraan herinner het dat hy ook die opsie het om ’n noodtoestand weens die bedreiging op die grens af te kondig. Dit sal hom in staat stel om die geld vir die muur uit noodfondse te kry.
BY VENEZUELA INGRYP
Trump het ook aangekondig dat die Amerikaanse weermag dalk in Venezuela gaan ingryp, terwyl Rusland teen “vernietigende inmenging” waarsku.
Dít kom te midde van die Weste se druk op die beleërde pres. Nicolás Maduro om van sy presidentskap afstand te doen.
Talle Latyns-Amerikaanse lande, asook Amerika en Kanada het aangedui dat hulle Maduro nie as Venezuela se president erken nie, nadat Juan Guaidó, die amptelike leier van die opposisie, homself sowat twee weke gelede as tussentydse president verklaar het.
Guaidó voer aan dat Maduro besig is om Venezuela in ’n ekonomiese krisis te dompel.
The Guardian berig dat Maduro Trump gewaarsku het dat hy die Withuis “bloedbesmeer” sal laat as hy “voortgaan met sy vuil, imperialistiese sameswering om hom uit die kussings te lig”.
Hy het in ’n televisie-onderhoud met die Spaanse joernalis Jordi Évole gesê: “Stop. Stop, Trump! Jy maak foute wat jou hande vol bloed en die presidentskap bloedbevlek sal laat.”
Sy reaksie is op Trump se onderhoud Sondagaand met CBS waarin hy gesê het dat hy dit oorweeg om die weermag te ontplooi. Volgens Trump het hy maande gelede ’n versoek van Maduro om te vergader van die hand gewys.
Die Trump-administrasie het verlede week sanksies teen Venezuela afgekondig.
Die VSA, wat sowat 500 000 vate olie per dag uit Venezuela ontvang het, gaan dus nie meer ruolie van dié land invoer nie.
Lande soos Rusland, China en Turkye steun die huidige regime in Venezuela.
Rusland meen dat die internasionale gemeenskap Venezuela sonder “vernietigende inmenging” moet bystaan. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie