Trump teken bevel om migrante-kinders by hul ouers te hou
Beeldmateriaal van kinders in hokke en stemopnames van hoe hulle huil, het ’n herrie in Amerika en ander lande laat losbars.
Pres. Donald Trump het Woensdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) ’n uitvoerende bevel by die Withuis in Washington onderteken om nie Mexikaanse migrante van hul kinders te skei wanneer gesinne in Amerika vasgetrek word nie.Die bevel is egter nie duidelik oor hoe lank die gesinne bymekaar gehou moet word nie.Dié bevel bring mee dat ouers met kinders se immigrasieverhore vinniger sal plaasvind. Dit steek egter nie ’n stokkie voor die “geen verdraagsaamheid”-beleid jeens onwettige immigrante nie.“Dit gaan daaroor om gesinne bymekaar te hou, terwyl ons verseker dat ons ’n baie sterk grens het,” het Trump gesê net voordat hy die bevel onderteken het.Beeldmateriaal van kinders in hokke en stemopnames van hoe hulle huil, het ’n herrie in Amerika en ander lande laat losbars.Trump, ’n gereelde kyker van nuus op televisie, het besef om gesinne te skei, word ’n groeiende, politieke probleem, het bronne binne die Withuis gesê.Volgens ’n Withuis-amptenaar het Melania Trump haar man aangespoor “om iets te doen”.
Die beleid van die Amerikaanse regering om onwettige immigrante strafregtelik aan te kla en in die proses van hul kinders te skei, is ’n populistiese politieke stap gemik op Trump se bloukraag-ondersteuners.
Dit is die mening van die diplomatieke kenner en Suid-Afrikaanse oud-ambassadeur Gert Grobler.
“Trump se hantering van die immigrante en die skeiding van hul kinders in die proses, is ’n immorele en totaal onaanvaarbare situasie.
“Daarom het dit wêreldwyd tot groot ontevredenheid en teenstand gelei. Selfs baie Republikeine (Trump se party) bejeën dit met afsku,” sê Grobler.
“Trump se gebrek aan emosie en enige humanitêre meegevoel is eweneens betreurenswaardig.
“ ’n Mens kan net hoop dat die situasie deur Republikeinse wetgewing, wat eersdaags ter tafel gelê sal word, reggestel sal word,” meen Grobler.
Trump het voorheen gesê hy het nie die mag om wetgewing te verander nie en die skuld op die Demokratiese Party se beleid oor onwettige immigrante gepak.
Die Amerikaanse TV-kanaal CNN, wat geen ooghare vir Trump het nie, het Woensdag berig die krisis oor die getraumatiseerde kinders wat van hul ouers geskei is nadat hulle Amerika onwettig uit die suide binnegekom het, is besig om te verdiep nadat Trump oproepe verwerp het om die kinders te help.
“Terwyl sommige Republikeine negatief reageer oor die hantering van die kinders wat deur ’n pediater beskryf is as ‘staatsondersteunde kindermishandeling’, is Trump uitdagend. Hy vererger die kwessie met uiterste retoriek.”
POUS FRANCISKUS
Reuters berig pous Franciskus het ook tot die stryd toegetree deur in ’n onderhoud te sê “populisme” en die “skep van psigose” is nie die manier om migrasie-probleme op te los nie.
“Dit is nie maklik nie, maar populisme is nie die oplossing nie,” sê die pous.
Katolieke biskoppe in die VSA het die Amerikaanse immigrasie-beleid as “immoreel” veroordeel.
In hierdie stadium word sowat 2 000 kinders weg van hul ouers gehou.
The New York Times berig Trump het as president die magte om die beleid van geen verdraagsaamheid by grensposte te verander. Dit sal aan grensbeamptes en aanklaers die diskresie gee om families bymekaar te hou nadat hulle onwettig die VSA binnegekom het.
Die gevolg sal wees dat die families vrygelaat sal word terwyl die hofverrigtinge nog aan die gang is.
Trump was eers nie hiervoor te vinde nie.
Hy het ook ’n voorstel van Republikeine in die Amerikaanse senaat verwerp dat honderde nuwe immigrasie-regters beskikbaar gestel moet word.
Emeritus-professor Pieter Labuschagne, ’n regs- en politieke kenner, sê die probleem met Trump se beleid van geen verdraagsaamheid teenoor immigrante is dat dit basies daarop gerig is om kinders te beskerm, maar dit word prakties onsensitief hanteer.
Dit word swak toegepas “met mense in draadhokke en kinders en ouers wat onsensitief van mekaar geskei word”.
Dit is waarom 66% van die Amerikaners dit veroordeel, sê Labuschagne. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie