Trump terug op die aanval
Die Amerikaanse president was Sondag weer op die verdediging met nuwe meningspeilings wat wys sy gewildheid het afgeneem.
Pres. Donald Trump van Amerika het Sondag weer op Twitter teen die media uitgevaar.
Hy het geskryf: "With all of its phony unnamed sources & highly slanted & even fraudulent reporting, #Fake News is DISTORTING DEMOCRACY in our country!"
Trump het ook een van sy private regsgeleerdes, Jay Sekulow, gestuur om Sondag aan vyf TV-besprekingsprogramme deel te neem en te sê dat daar niks onwettig was aan sy oudste seun, Donald Trump jr. se ontmoeting verlede jaar met 'n Russiese regsgeleerde met Kremlin-bande nie.
Die ontmoeting het plaasgevind ná beloftes dat die regsgeleerde verdoemende inligting oor Hillary Clinton wou deel.
"Wat tydens daardie ontmoeting plaasgevind het, was nie ‘n verbreking van enige wet, statuut of kode nie,” het Sekulow aan NBC se Meet the Press gesê.
Dié reaksie kom nadat ‘n Washington Post-ABC meningsopname getoon het dat Trump, ná ses maande as president, beduidend minder steun as in April geniet toe 42% van deelnemers gedink het hy vaar goed. Dit blyk uit die jongste meningsopname dat net 35% nou so dink.
Trump het egter die meningsopname as “die onakkuraatste meningsopname” beskryf.
Die Republikeine se gesukkel met wetgewing mag ook tot Trump se ongewildheid bydra. Twee keer meer mense wat geraadpleeg is, sê hulle verkies Obamacare se gesondheidsprogram bo dié van die Republikeine.
Die Amerikaanse senaat het sy stemming oor die voorgestelde nuwe planne vir mediese dekking met ‘n week uitgestel om senator John McCain kans te gee om ná ‘n operasie te herstel.
Die herroeping van Obamacare word deur al die Demokrate teengestaan en die verlies aan ‘n enkele Republikeinse stem kan die program pootjie.
Selfs voormalige ondersteuners van Trump bevraagteken nou die administrasie se verklarings, wat heeltyd verander, oor kontak met die Russe.
Shepard Smith, ‘n aanbieder van Fox News, ‘n netwerk wat Trump se Withuis deurlopend gesteun het, het die administrasie van “verstommende misleiding” beskuldig.
Sleutel-Demokrate soos Mark Warner, visevoorsitter van die senaat se intelligensiekomitee wat Russiese inmenging ondersoek, is skepties oor die administrasie se pogings om Trump jr. se ontmoeting van die tafel te vee.
Hy het aan CBS se Face the Nation gesê hy wil van almal hoor wat die vergadering bygewoon het, insluitende Jared Kushner, Trump se skoonseun, en Paul Manafort, voormalige hoof van die Trump-verkiesingsveldtog. Ná die jongste onthullings sê hy die ondersoek is nou op ‘n “ander vlak.” - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie