Trump twyfel steeds oor kuberkrakery
Die onmin tussen die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, en spioenasie- en intelligensie-agentskappe duur voort met Trump wat nie skroom om links en regs te beledig nie.
Top Amerikaanse spioenasiehoofde het gister (Donderdag) voor die land se kongres getuig oor beweerde Russiese inmenging in die Amerikaanse verkiesing, terwyl die verkose president, Donald Trump, voortgaan om die bewering dat Moskou agter die kuberkrakery van die Demokratiese Party se rekenaars sit, in twyfel te trek.
Die Amerikaanse publiek het nou 'n beter idee oor die sterkte van die getuienis oor die beweerde kuberkrakery nadat die senaat se komitee belas met gewapende dienste 'n verhoor onder die voorsitterskap van sen. John McCain gehou het.
McCain is 'n fel kritikus van Rusland en het Woensdag gesê Moskou se inmenging by 'n Amerikaanse presidentsverkiesing is 'n “oorlogsdaad”.
Die direkteur van nasionale intelligensie, James Clapper, en die direkteur van die nasionale veiligheidsagentskap, Michael Rogers, het getuig te midde 'n twis tussen Trump en die intelligensiegemeenskap, op wie hy vir kritiese advies sal moet staatmaak wanneer hy op 20 Januarie president word.
In twiets die week het Trump die spot gedryf met die CIA en FBI se gevolgtrekkings wat deur die uittredende president, Barack Obama, ondersteun word, dat kuberkrakers in opdrag van die Russiese regering e-posse van die Demokrate gekry het en dit via WikiLeaks gelek het om Trump se teenstaander, Hillary Clinton, te ondermyn.
Trump het getwiet: “Die 'intelligensie' inligtingsessie oor sogenaamde Russiese kuberkrakery is tot Vrydag uitgestel, miskien vir meer tyd om 'n saak op te bou. Baie vreemd!”
Dié belediging is vererger toe hy die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, aangehaal het waar hy bevindinge van Russiese betrokkenheid deur veelvuldige Amerikaanse agentskappe bevraagteken het.
“Julian Assange sê 'n 14-jarige kon Podesta (se rekenaar) gekuberkraak het – hoekom was DNC so agterlosig?” het Trump gevra met verwysing na duisende e-posse en dokumente wat van rekenaars van die Demokratiese Nasionale Konvensie (DNC) en die hoof van Clinton se verkiesingsveldtog, John Podesta, gesteel is.
Die Amerikaanse intelligensiehoofde en Obama wys die vinger na die Russiese president, Wladimir Poetin, en sê so 'n operasie kon nie sonder goedkeuring van die hoogste gesag plaasgevind het nie.
The Wall Street Journal het Woensdag berig dat Trump reeds werk aan die herstrukturering van die kantoor van die direkteur van nasionale intelligensie, wat volgens Trump “opgeblase en verpolitiseer" geraak het.
Trump sal vandag deur die hoofde van die CIA, FBI en DNI ingelig word oor die bewyse agter hul bevinding dat Rusland by die verkiesing ingemeng het en 'n gedeklassifiseerde weergawe van die verslag aan die Withuis word volgende week verwag.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie