Trump vaar uit teen 'bose daad' waarin 11 dood is
Altesame 11 mense is dood en ses gewond in die skietery Saterdagoggend tydens 'n doopseremonie by die Tree of Life-sinagoge in Pittsburgh, in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië, berig CNN.
Teen Saterdagaand laat (Suid-Afrikaanse tyd) het Skynews berig vier van die ses beseerdes is polisielede.
Pres. Donald Trump het gesê hulle is “ernstig gewond” en hy het die skietery as 'n “ondenkbare en bose daad” beskryf. Hy het gesê Amerikaners en die res van die wêreld is geskok deur dié anti-Semitiese daad. Theresa May, premier van Brittanje, het ook haar skok en afgryse getwiet oor dié “siek en lafhartige daad”.
Die skieter het homself aan die polisie oorgegee. Hy is intussen geïdentifiseer as Robert Bowers (46), “ 'n gesette wit man met 'n baard”. Hy het glo anti-Semitiese uitsprake gemaak tydens die skietery.
Die polisie is onmiddellik na die sinagoge toe hulle hoor van die skietery daar. Hulle het 'n beroep gedoen op mense in die omgewing om in hul huise te bly omdat dit nie nou veilig is om uit te gaan nie.
Die Tree of Life-sinagoge is 'n konserwatiewe Joodse gemeente in 'n historiese Joodse buurt. Die sinagoge het Saterdagoggende om 09:45 'n diens.
DOODSTRAF
Trump het volgens CNN aan joernaliste gesê skieters soos dié behoort die doodstraf te kry. Hy het ook gesê die skietery het “min te doen” met wapenwette en dat die skieter gekeer kon word as die sinagoge gewapende beskerming gehad het.
Trump het voorgestel dat “heilige plekke” gewapende beskerming moet oorweeg. “ 'n Maniak het hier ingekom en die mense het geen beskerming gehad nie. Dit is net so hartseer om dit te sien.”
Joodse leiers in Pittsburgh, Amerikaners en die internasionale gemeenskap het die skietery betreur. Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het gesê hy is “gebroke en gewalg” deur die gebeure, berig CNN. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie