Trump val PG aan
Amerika se pres. Donald Trump het die land se prokureur-generaal, Jeff Sessions, gister opnuut aangeval.
Hy het gesê hy is “baie swak” met die opvolg van intelligensie-lekkasies en dat hy misluk het om die voormalige Demokratiese kandidaat, Hillary Clinton, oor haar e-posse te vervolg.
Trump se jongste Twitter-salvo volg ná ‘n berig in die Washington Post dat die president en sy raadgewers bespreek het hoe om van Sessions ontslae te raak en te vervang. Sessions was aanvanklik een van Trump se getrouste bondgenote.
Trump het Sessions openlik gekritiseer omdat hy homself verskoon het van die federale ondersoek na moontlike sameswering tussen die Trump-verkiesingsveldtog en die Russe.
Sessions sê hy het geen planne om te bedank nie.
Met druk wat aan die oplaai is weens 'n ondersoek deur die voormalige FBI-direkteur, Robert Mueller, probeer Trump nou omstredenheid oor Clinton se gebruik van ‘n private e-posbediener laat herleef.
Tydens die 2016-verkiesingsveldtog het die voormalige FBI-direkteur, James Comey, wat Trump later oor die Russiese ondersoek afgedank het, verseg om aan te beveel dat Clinton vervolg word. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie