Trump verander wu00e9u00e9r van deuntjie oor Rusland
Trump verander wu00e9u00e9r van deuntjie oor Rusland

Trump verander wéér van deuntjie oor Rusland

Intussen het 'n Australiese pa wie se drie jong kinders in die MH17-vliegramp in 2014 omgekom het, op sosiale media teenoor Trump uitgevaar.
Pres. Donald Trump het die Amerikaanse intelligensiedienste Woensdag wéér weerspreek en gesê Rusland teiken Amerika nie meer nie. Trump het ook gesê sy kritici is versteurd.

Die Amerikaanse president het Dinsdag probeer vure doodslaan ná ontsteltenis omdat hy nie pres. ­Wladimir Poetin van Rusland geroskam het tydens hul ontmoeting in ­Helsinki, Finland, oor die land se inmenging by die verkiesing in 2016 nie.

Trump het die gevolgtekkings van Amerikaanse intelligensiedienste oor Rusland geminag en eers gesê die land het nie by die verkiesings ingemeng nie, maar later gesê Rusland het ingemeng, maar het opgehou om dit te doen.

Amptenare in die intelligensiedienste sê egter dat Rusland glad nie sy optrede gestaak het nie en hom nou toespits op die verkiesings in die kongres in November.

“Sommige mense haat die feit dat ek goed oor die weg kom met pres. Poetin van Rusland. Hulle sal eerder oorlog toe gaan as om dit te sien. Dit word Trump-versteurdheidsindroom genoem,” het Trump op Twitter gesê.

Trump is wyd gekritiseer omdat hy hom by Rusland sou skaar bo sy eie land.

Trump het op Twitter gesê hy is geprys vir sy nuuskonferensie met Poetin.

Die leier van die senaat, Chuck Schumer, het gesê Trump se twiets Woensdag wys dat hy nie bereid is om die bevindinge van die intelligensie-­agentskappe te aanvaar nie en dat sy opmerkings Dinsdag net krisisbeheer was.

Dis duidelik uit sy twiets Woensdag dat hy Dinsdag nie bedoel het wat hy gesê het nie, het Schumer gesê.

MH17-VLIEGRAMP
Intussen het 'n Australiese pa wie se drie jong kinders in die MH17-vliegramp in 2014 omgekom het, Dinsdag op sosiale media teenoor pres. Donald Trump van Amerika uitgevaar oor sy hand-om-die-blaas-houding jeens sy Russiese eweknie, pres. Wladimir Poetin.

Anthony Maslin van Perth het Dinsdag 'n inskrywing op Facebook geplaas waarin Trump, wat vroeër vandeesweek met Poetin vergader het, herinner het dat ondersoekers bevind het dat die Russe verantwoordelik was vir die missiel wat ­Malaysia Airlines se vlug MH17 uit die lug ­afgeskiet het. Rusland ontken egter hierdie bevinding.

Maslin skryf op Facebook dat dit 'n “onbetwisbare feit” is dat vlug MH17 afgeskiet is en dat “298 mense vermoor is”. By die inskrywing is 'n foto van sy kinders, Mo (8), Evie (10) en Otis (12).

“Dat dit ons drie pragtige kinders en hul oupa doodgemaak het en ons lewe en baie ander lewens in die proses verwoes het, is 'n onbetwisbare feit,” skryf Maslin. Vlug MH17 was van ­Amsterdam in Nederland onderweg na Kuala Lumpur in Maleisië toe dit op 17 Julie 2014 in die lugruim van
­Oekraïne neergeskiet is. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer