Trump vergader met Google, Intel oor Huawei
’n Totale verbod op die verskaffing van tegnologie of tegnologiese dienste deur Amerikaanse firmas sou aanvanklik vanaf aanstaande maand geld.
Pres. Donald Trump het Maandag met sewe tegnologiemaatskappye vergader om Amerikaanse sanksies teen Huawei, en die pad vorentoe te bespreek.
Trump het met leiers van onder meer Google, Cisco, Intel en Qualcomm vergader om die verskaffing van Amerikaanse tegnologie aan Huawei te bespreek.
’n Totale verbod op die verskaffing van tegnologie of tegnologiese dienste deur Amerikaanse firmas sou aanvanklik vanaf aanstaande maand geld voordat Trump dit opgeskort het. Nietemin moet tegnologiemaatskappye steeds die Amerikaanse handelsdepartement se toestemming kry om sake met Huawei te mag doen.
Luidens Reuters het Trump aan die leiers van die maatskappye belowe hy sal “binnekort” ’n finale besluit neem rakende elkeen se versoek om met Huawei te mag sake doen.
Die Amerikaanse president het vroeër sy kommer uitgespreek dat Huawei tegnologie ontwikkel wat gebruik kan word om op sy burgers te spioeneer.
Huawei ontken dit.
Hoewel Trump tydens die onlangse G20-beraad in Japan gesê het Amerikaanse maatskappye mág weer met Huawei handel dryf, moet die handelsdepartement nog riglyne in plek stel oor hoe dit in die praktyk daar gaan uitsien.
Dis wel bekend dat maatskappye net toestemming sal kry as die verkoop van hul tegnologie geen risiko vir Amerika se nasionale sekuriteit inhou nie.
Intussen het dit ook aan die lig gekom dat Huawei in die geheim toerusting aan Noord-Korea verkoop het.
Dit maak inbreuk op Amerikaanse sanksies teen dié geheimsinnige land en tel dus beslis nie in Huawei se guns nie.
Amerika beskuldig Huawei ook dat hy deur middel van sy finansiële hoof, Meng Wanzhou, sanksies teen Iran oortree het.
Huawei het dit ook ontken. – Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie