Trump versag straf na Kardashian-pleit
Trump versag straf na Kardashian-pleit

Trump versag straf na Kardashian-pleit

Pres. Donald Trump het Woensdag die lewenslange vonnis van Alice Marie Johnson, ’n vrou wat reeds meer as 20 jaar in die tronk deurgebring het vir ’n dwelmverwante oortreding, versag.

Reuters berig Trump is bereid om sy magte vir grondwetlike begenadiging te gebruik om tientalle ander oortreders se lot ook te verbeter, sê ’n bron uit die Withuis.

Kim Kardashian West het Trump verlede week in die Withuis besoek om ’n pleidooi vir Johnson te lewer.

Volgens ’n Withuisamptenaar oorweeg Trump ander gevalle waar mense volgens hom slagoffers van die strafregtelike regstelsel was.

Verlede week het Trump vir Dinesh D’Souza, ’n konserwatiewe ontleder en filmmaker, kwytgeskeld. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy ’n onwettige bydrae tot ’n verkiesingsveldtog gelewer het.

Die president oorweeg dit nog om die TV-persoonlikheid Martha Stewart kwyt te skeld wat skuldig bevind is aan binnehandel.

Trump kyk ook na die vonnis van goew. Rod Blagojevich, wat ’n vonnis van 14 jaar uitdien vir korrupsie. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!