Trump verwar nu00e1 Siriese lugaanvalle
Trump verwar nu00e1 Siriese lugaanvalle

Trump verwar ná Siriese lugaanvalle

In die nadraai van pres. Donald Trump se verrassingsaanvalle op Sirië probeer sy bondgenote en opponente die breër betekenis van Trump se besluit verstaan.
Is die president van Amerika nou ’n humanitêre ingryper wat bereid is om Amerikaanse slaankrag te gebruik wanneer buitelandse regerings hul eie burgers bedreig?

Is hy ’n opperbevelhebber wat gewaarsku het teen ingryping in Sirië, maar nou bereid is om die VSA verder in dié konflik betrokke te laat raak? Draai hy teen Rusland, een van Sirië se beskermhere, ná volgehoue pogings om hegte bande met Moskou te smee?

Trump voer aan hy is aanpasbaar, wat ruimte laat vir die evolusie van buitelandse beleid en onsekerheid.

“Ek het nie een spesifieke manier nie en as die wêreld verander, gaan ek in dieselfde rigting, ek verander nie,” het hy Woensdag gesê ’n dag ná die aanvalle met chemiese wapens in Sirië wat hom genoop het om lugaanvalle op ’n regeringslugmagbasis uit te voer.

“Wel, eintlik verander ek en is buigsaam, en ek is trots op my buigsaamheid.”

Bondgenote in die Midde-Ooste en Europa het Trump se pogings veroordeel om Siriese vlugtelinge uit die VSA te hou, maar sy besluit geloof om teen pres. Basjar al-Assad van Sirië op te tree. Daar is geen aanduiding uit Washington van verdere Amerikaanse optrede in Sirië nie. Netwerk24/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!