Trump: VSA kan nie meer immigrante hanteer
Amerika kan nie nog immigrante hanteer nie. Die land se immigrasiestelsel word ooreis deur 'n toeloop van immigrante, sê pres. Donald Trump.
Die Amerikaanse president was Vrydag in Kalifornië naby die grens met Mexiko en het op 'n nuuskonferensie gesê “ons kan nie meer immigrante vat nie. Ons kan jou nie vat nie. Ons land is vol,” berig Sky News.
Trump was in Calexico waar sowat 3,2 km van die grensversperring deur 'n latheining vervang is. Hy wou aanvanklik 'n muur daar opgerig hê.
Volgens Time dui dit daarop dat Trump met die oog op die 2020-verkiesing weer op grensbeheer sal fokus.
Dit kom nadat 20 state Trump gedagvaar het oor die noodtoestand wat hy aangekondig het om geld vir sy grensmuur te kry. Vrydag het die Demokrate in die huis van verteenwoordigers ook met regsaksie begin om te keer dat hy meer geld bestee om versperrings op die grens op te rig as wat goedgekeur is.
'n Begroting van sowat $1,6 miljard is daarvoor goedgekeur. Trump sê egter hy kan sy mag gebruik om nog $6,7 miljard te kry vir die bou van die grensmuur.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie