Trump wil 'amptelik' weer president wees
Trump wil 'amptelik' weer president wees

Trump wil 'amptelik' weer president wees

Pres. Donald Trump van Amerika het Dinsdag plaaslike tyd amptelik sy 2020-presidensiële verkiesingsveldtog in die deelstaat Florida aangekondig, terwyl hy homself telkemale as 'n politieke oproermaker en slagoffer uitgebeeld het.

Trump het homself in sy aankondiging voorgehou as 'n politieke oproermaker wat Washington 'n bietjie geskud het en gesê hy is 'n slagoffer van die Demokrate wat van hom probeer ontslae raak.

Hy het dit op sy saamtrek in Orlando duidelik gemaak dat hy weer as 'n buiteperd aan die presidensiële verkiesing sal deelneem, nes hy in 2016 gedoen het.

Hy het wéér in 2019 dieselfde temas as in 2016 aangeraak, deur oor onwettige immigrante, die media en Hillary Clinton te praat.

“Ons het saam begin by 'n stukkende politieke orde en ons het dit saam reggemaak vir die mense. Solank as wat julle dié span in plek hou, het ons 'n ver pad om te gaan. Ons toekoms het nog nooit so helder gelyk nie.”



IMMIGRANTE

Trump het gesê die Demokrate wat ook aan die verkiesing deelneem, sal toelaat dat Amerika verander deurdat hulle dit sal wettig dat immigrante die land inkom sodat hulle aan die verkiesings kan deelneem en die Demokrate aan die bewind kan kry.

“Die Demokrate wil ons land soos ons dit nou ken, vernietig. Maar dit sal nie gebeur nie. Ons land is 'n land vir mense wat die wet gehoorsaam. Dis nie vir misdadige buitestanders nie.”

Twaalf Demokrate neem aan die presidensiële verkiesing in 2020 deel en sê Trump die stryd aan om die volgende president te word.

Trump het gesê hy sal sy ondersteuners nooit in die steek laat nie.

“Ek staan voor julle om amptelik my verkiesingsveldtog vir 'n tweede termyn aan te kondig. Ek belowe dat ek julle nooit in die steek sal laat nie.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!