Trump wil 'regering sluit' as hy nie sy sin kry
Trump wil 'regering sluit' as hy nie sy sin kry

Trump wil 'regering sluit' as hy nie sy sin kry

Pres. Donald Trump van Amerika het Sondag gesê hy gaan die federale regering tot stilstand dwing indien die opposisie nie sy voorstel steun dat Amerika moet betaal vir die bou van die omstrede grensmuur met Mexiko, asook die verandering in die land se immigrasiewette nie.

Trump het getwiet: “Ek sou gewillig wees om die regering te sluit as die Demokrate ons nie die stemme gee vir grenssekuriteit nie, wat die muur insluit! Moet ontslae raak van lotery, vang en vrylating, ens. en uiteindelik oorgaan na 'n stelsel van immigrasie wat op meriete gegrond is. Ons het goeie mense nodig wat ons land binnekom!”

Amerikaners is verdeel oor die immigrasie-kwessie en 81% van die Republikeine steun Trump se hantering van die probleem, volgens 'n Reuters/Ipsos-peiling wat vroeër die maand bekend gestel is.



FINANSIERING VAN MUUR

Trump het reeds talle kere die dreigement gemaak in 'n desperate poging om immigrasie 'n prio­riteit te maak in die kongres, veral die finansiering van 'n muur tussen Amerika en Mexiko. Trump het vir US$25 miljard gevra om die muur te bou.

Ron Johnson, die Republikeinse senator en voorsitter van die senaat se tuislandveiligheidskomitee, het in antwoord op Trump se twiet gesê hy dink nie dit sal help om die regering tot stilstand te bring nie, “so kom ons probeer om dit te vermy”. Hy was 'n gas op CBS se Face the Nation-program.

Hoewel Republikeine die meeste stemme het in die ­Amerikaanse senaat en die huis van verteenwoordigers, belemmer meningsverskille tussen gematigdes en konserwatiewes in die party 'n vinnige oplossing van die kwessie.

Die Republikeinse president het strenger immigrasiewette 'n middelpunt van sy regering gemaak, van die omstrede reisverbod op mense van oorwegend Moslem-nasies tot die huidige stryd oor die skeiding van onwettige immigrant-kinders van hul ouers by die grens tussen VSA en Mexiko.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!