Trump wil voet dwars sit oor onwettige immigrante

Pres. Donald Trump het oor die Paasnaweek weer sy stem oor onwettige immigrasie dik gemaak.
Donald Trump, Amerikaanse president, het opnuut gal gebraak oor die wettiging van honderdduisende onwettige immigrante wat as kinders na Amerika gebring is.

Die BBC berig dat hy op Twitter verklaar het dat Republikeine “na die kernopsie moet oorskakel om strenger wetgewing teen onwettige immigrante in te stel”.

Hy het sy buurland, Mexiko, daarvan beskuldig dat hy “baie min of selfs niks doen nie” om immigrante te keer om die noordelike grens oor te steek.

Trump het gedreig om Amerika aan die vrye handelsooreenkoms met Mexiko te onttrek.

Hy wou ook vroeër die Daca-immigrasieprogram (Deferred Action for Childhood Arrivals) skrap wat kinders teen deportasie beskerm, maar ’n regter het sy poging gekeer.

Hoewel die Daca-program nie meer nuwe lede aanvaar nie, blameer Trump dié program dat dit steeds onwettige immigrante na Amerika lok.

Hy sê op Twitter dat onwettige immigrante die program misbruik en beskuldig Mexiko daarvan dat hy laks is met sekerheid by die grens.

Hy het Republikeine tot “strenger” nuwe anti-immigrasiewetgewing aangespoor.

Trump het ook op ’n Paasdiens naby sy Mar-a-Lago-oord in Florida die Daca-program vir die onwettige immigrante geblameer.

“Baie mense kom omdat hulle die program wil uitbuit.”

Andrés Manuel López Obrador, ’n kandidaat in die presidentsverkiesing in Mexiko, sê sy land en mense sal nie ’n slaansak vir enige ander land se regering wees nie.

Ricardo Anaya Cortés, nog ’n kandidaat, het Trump uitgedaag om sy eie kwessie aan sy kant van die grens op te los. – Netwerk24/BBC

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!