Trumps deel amptelike Kersfoto
Pres. Donald Trump van Amerika en sy vrou, Melania, het hul amptelike Kersfoto in die Withuis op Twitter gedeel. Melania het die foto op Twitter geplaas en Twitter-gebruikers ’n geseënde Kersfees toegewens, waarna Trump haar foto met sy Twitter-volgelinge gedeel het. Baie van Melania se Twitter-volgelinge het haar en Trump ’n geseënde Kersfees toegewens, maar ene Kelly Gardner het geskryf die Trumps sal nie volgende jaar meer in die Withuis wees nie. Michael Cohen, Trump se voormalige prokureur, is onlangs drie jaar tronkstraf opgelê omdat hy twee vroue betaal het vir hul stilswye oor hul verhouding met Trump. Cohen sê Trump het hom opdrag gegee om dit te doen, terwyl Trump volhou hy is onskuldig. Hy het Cohen intussen ’n “rot” genoem omdat hy sy samewerking aan aanklaers gegee het. Foto Netwerk24/Twitter/ Melania Trump
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie