Trust ploeg terug in gemeenskap
Trust ploeg terug in gemeenskap

Trust ploeg terug in gemeenskap

Maria Eiseb

Marco Fishing-trust het onlangs sowat N$18 000 aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk om Lüderitz-hospitaal se kindersaal op te knap.

Volgens mnr. Jan Scholtz, voorsitter van die trust, is die Marco Fishing-onderneming se trust juis gestig met die doel om in die gemeenskap terug te ploeg.

Die trust fokus op opvoeding en gesondheid, veral van kinders en jongmense, as ’n kritieke aspek in die verwesenliking van volhoubare ontwikkeling.

“Dit sal verseker dat ons gesonde leiers in die toekoms het,” het hy gesê.

Die trust is toegewy aan die welstand van begunstigdes in die ||Kharas-, Hardap-, Khomas-, Omaheke- en Oshikoto-streek.

Dít strook met die ministerie van visserye en mariene hulpbronne se mandaat.

Lüderitz-hospitaal se kindersaal gaan die skenking aanwend om die saal gemakliker en aantrekliker vir kinders te maak.

Dit sal hulle toelaat om vinniger te genees, sê Scholtz.

"Ek dank dié saal se personeel vir hul goeie werk en vra hulle om met hul diens aan die kleintjies voort te gaan."

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!