Trust ploeg terug in Himba-gemeenskap

Tanja Bause
In 'n poging om die Himba-gemeen­skappe rondom die Serra Cafema Camp in die noordweste van die land te ondersteun, het Wilderness Safaris deur hul Wilderness Wildlife Trust meer as N$71 000 vir 'n groentetuin geskenk.

Die voortdurende droogte en die wêreldwye Covid-19-reisbeperkings het die gemeenskappe van die Marienfluss-bewaringsgebied negatief beïnvloed en dié tuin sal broodnodige aanvullende voedsel aan die gemeenskap verskaf.

Om die volhoubaarheid van die tuin te verseker, het die gemeenskap einde 2020 'n kursus oor die beste volhoubare boerderypraktyke vir dié moeilike woestynomstandighede bygewoon.

Hulle het ook saad ontvang. Die water word deur 'n sonaangedrewe boorgat – wat in Maart 2021 opgerig is – voorsien. Die eerste groente is onlangs deur die ­gemeenskap geoes.

Volgens me. Agnes Tjirare, die Children in the Wilderness (CITW) se kultuur­beampte, is die tuin van kritieke belang.

“Ons is in 'n verskriklike droogte en die Himba-gemeenskappe het hul lewensbestaan, hul beeste, verloor.

“Hul enigste ander vorm van ­inkomste was die verkope van hul handewerk aan toeriste, wat deur Covid-19 ook tot niet gegaan het.”

Wilderness Safaris Namibia en CITW het gedurende die pandemie die gemeenskappe met 300 kospakkies ondersteun. Elke kospakkie kan 'n familie van vier vir 'n maand voed. Wilderness Safaris voorsien vars water drie keer 'n week aan die nabygeleë nedersettings en is ook besig om 'n kliniek te bou.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!