Trustco bedink nuwe plan met Sierra Leone
Trustco bedink nuwe plan met Sierra Leone

Trustco bedink nuwe plan met Sierra Leone

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Trustco Resources, ’n volfiliaal van Trustco Group Holdings, het ’n verkoopsooreenkoms met Germinate Sierra Leone Ltd aangegaan om ’n belang van 51% in Meya Mining, ’n diamanteksplorasiemaat-skappy in dié land, te bekom.
Trustco se direksie het besluit om dié roete te volg eerder as om die groep se toekomsplanne met diamante via Huso Investments na te jaag. Trustco het vroeër vanjaar in ’n aankondiging op die Namibiese aandelebeurs (NSX) gesê Huso is in ’n gevorderde stadium met ’n geteikende maatskappy in Sierra Leone om die diamantbedryf in dié Afrika­land te betree.
Aandeelhouers het reeds in Oktober 2015 oorweldigend ten gunste van Trustco se verkryging van Huso gestem, maar dié transaksie van meer as N$3,6 miljard is nog nie voltrek nie. Huso is die moedermaatskappy van Northern Namibian Development Company (Pty) Ltd (NNDC) - ’n dia­mantmyn- en ekplorasiemaatskappy in Namibië – en Morse Investments (Pty) Ltd – ’n gelisensieerde diamantslyp- en poleringsfabriek in die land. Trustco Group Holdings se besturende direkteur, Quinton van Rooyen, is die enigste aandeelhouer in Huso.
Trustco het verlede Dinsdag in ’n aankondiging op die NSX gesê die besluit om Trustco Resources eerder as Huso te betrek, is voorgestel as bewys van Trustco se “duidelike toegewydheid om sy uitbreidingsplanne direk deur Trustco Resources voort te sit sonder dat enige bydraende eksterne faktore die verkryging (in Meya Mining) kan beïnvloed”.
Trustco se bestuur is bekend met die bedryfsomgewing in Sierra Leone en het “omvattende uitvoerende ondervinding” in die streek, lui die groep se verklaring. Met die Meya-verkryging glo Trustco dit kan bydra tot die ontsluiting van potensiaal in die ekonomie van Sierra Leone. Dit ondersteun ook Trustco se uitbreidingsplanne in ontluikende ekonomieë, sê die groep.
Germinate se totale aandeelhouding lê in Sierra Leone. Dié maatskappy beskik oor ’n eksklusiewe diamanteksplorasie­lisensie vir vier jaar en het Meya Mining onder meer met dié doel gestig. Die 51%-belang wat Trusto in sy visier het, gaan die groep US$1 miljoen plus ’n eksklusiwiteitsfooi van US$50 000 uit die sak jaag.
Meya Mining gaan binne die volgende 18 maande met die eerste fase van sy eksplorasieprogram begin, wat Trustco deur middel van ’n aandeel­houerslening gaan finansier.
Sou Meya oor ’n minimumhulpbron van drie miljoen karaat of US$1 miljard beskik, sal Trustco nóg US$25 miljoen daarin pomp. Indien nie, sal geen verdere geld belê word nie. Trustco Resource sal voorts die opsie hê om sy aandeelhouding in Meya Mining tot 60% te verhoog. Dit sal US$20 miljoen kos. Die tran­saksie is onderhewig aan onder meer verskeie regulatoriese goedkeurings.
Trustco is op die JSE ­genoteer, met ’n ­sekondêre notering op die algehele indeks van die NSX. Die groep het Vrydag op N$3,66 per aandeel gesluit, 27c of 6,9% laer as die vorige week. Trustco se totale ­markkapitalisasie is N$2,826 miljard.

Kommentaar

Republikein 2024-10-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 17° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 38° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 36° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 21° | 37° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 18° | 35° Henties Bay: 13° | 21° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:46, High tide: 07:50, Low Tide: 02:00, High tide: 20:18 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:44, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:16 Walvis Bay: 14° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:44, High tide: 07:47, Low Tide: 02:00, High tide: 20:15 Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 19° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 11° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 36° Lubumbashi: 15° | 34° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 19° | 29° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 14° | 22° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 18° | 31° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.2 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.58 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.73 | USD to AOA 905.58 | USD to BWP 13.31 | USD to EGP 48.51 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1589.69 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.68 Down -0.58% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14148.99 Up +0.92% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31175.43 Up +1.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.51/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.37/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 3 043.00/T UP 0.3% | Brent Crude Oil US$ 77.88/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 950.14/OZ DOWN -0.0004 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 17° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 38° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 36° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 21° | 37° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 18° | 35° Henties Bay: 13° | 21° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:46, High tide: 07:50, Low Tide: 02:00, High tide: 20:18 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:44, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:16 Walvis Bay: 14° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:44, High tide: 07:47, Low Tide: 02:00, High tide: 20:15 Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 19° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 11° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 36° Lubumbashi: 15° | 34° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 19° | 29° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 14° | 22° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 18° | 31° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.2 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.58 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.73 | USD to AOA 905.58 | USD to BWP 13.31 | USD to EGP 48.51 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1589.69 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.68 Down -0.58% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14148.99 Up +0.92% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31175.43 Up +1.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.51/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.37/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 3 043.00/T UP 0.3% | Brent Crude Oil US$ 77.88/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 950.14/OZ DOWN -0.0004