Kortverkopers lei tot talle ondersoeke
Nellie Brand-Jonker - Talle nuwe ondersoeke is in die afgelope kwartaal deur die Raad op
Finansiële Dienste (RFD) se direktoraat van markmisbruik begin, waaronder oor
Capitec Bank, Aspen, Steinhoff en Resilient.
Die direktoraat ondersoek onder meer binnehandel, misleidende verslae wat 'n uitwerking op die verhandeling van aandele kan hê, en die manipulering van aandeelpryse.
Al die maatskappye het in Desember en Januarie deurgeloop onder gerugte in die mark oor verdoemende verslae wat deur ontleders wat vir kortverkopers werk, uitgereik sou word.
Kortverkopers trek voordeel daaruit as 'n maatskappy se aandeelprys val.
Die direktoraat van markmisbruik reik net elke kwartaal 'n verslag uit nadat hy vergader het. Sy vorige vergadering was einde November voordat die drama onder meer by Steinhoff losgebars het, wat tot die ineenstorting van sy aandeelprys gelei het.
Die verslag toon die RFD doen tans vier verskillende ondersoeke na Steinhoff.
Binnehandel
Die verslag van die RFD se vergadering einde Maart toon die volgende nuwe ondersoeke na binnehandel:
1. Capitec: Aandeleverhandeling wat in Januarie en Februarie gedoen is.
2. EOH Holdings: Aandeleverhandeling in November en Desember.
3. Mr Price-groep: November
4. Steinhoff International (aangedui as die derde ondersoek wat tans na die maatskappy gedoen word): November en Desember
5. Steinhoff International (vierde ondersoek): Desember
6. Trustco-groep: November
Benewens die twee Steinhoff-ondersoeke is daar een (aangedui as die eerste ondersoek na die maatskappy) wat reeds in die vorige verslag aangekondig is. Dié een hou verband met aandeleverhandeling in Augustus verlede jaar.
Die volgende ondersoeke duur voort: Super Group (September en Oktober 2017); Vodacom (Oktober); WG Wearne (September); koringtermynkontrakte (April en Mei 2017).
Die ondersoek na SacOil (Februarie tot Augustus 2017) is gesluit.
'n Ondersoek word gesluit as daar nie voldoende bewyse is om enige verdere stappe ingevolge die Wet op Finansiële Markte te doen nie.
Manipulering
Die volgende nuwe ondersoeke na die manipulering van aandeelpryse is begin:
1. Aspen (Januarie 2018)
2. Capitec (Januarie en Februarie 2018)
3. Resilient (Januarie 2018)
4. Resilient (van 2017 tot nou)
5. Trustco-groep (Desember 2017 tot Februarie 2018)
Ouer sake wat voortduur, sluit in: Die Desember 2016-koringkontrak (September 2016); 15 Junie 2016 se Alsi-termynkontrak (April 2016); Oakbay Resources and Energy (November 2014 tot April 2015); SABMiller (op 9 Maart 2016); The Foschini Group (9 Maart 2016); en die witmielie-termynkontrak (24 Maart 2017).
Misleiding
Nuwe ondersoeke na moontlike vals en misleidende verslae wat oor 'n maatskappy uitgereik is, sluit in:
1. Aspen Pharmacare (Januarie 2018)
2. Capitec Bank (Januarie tot Februarie 2018)
3. Resilient (Januarie 2018)
4. Resilient (2017 tot 2018)
5. Steinhoff International (2015, 2016 en 2017): Dit word aangedui as die tweede ondersoek na Steinhoff en handel oor moontlike vals en misleidende inligting wat die maatskappy in sy jaarstate uitgereik het. Die maatskappy het reeds gesê dié jaarstate sal heropgestel moet word.
6. Steinhoff International (Desember 2017): Dit hou met die vierde ondersoek verband.
Die ander ouer ondersoeke wat nog voortduur, sluit in: Lewis-groep (Januarie 2015 tot Oktober 2016); African Dawn Capital (Maart 2007 tot Junie 2010); Alliance Mining Corporation (Maart 2007 tot September 2009).
Die ondersoek na koringtermynkontrakte van April tot Mei 2017 is gesluit. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie