Trusted Travel System amptelik in Namibiu00eb bekendgestel
Trusted Travel System amptelik in Namibiu00eb bekendgestel

Trusted Travel System amptelik in Namibië bekendgestel

Henriette Lamprecht
Die Trusted Traveler System is vanoggend amptelik in Namibië bekendgestel. Dit bied 'n digitale platform vir die verifiëring en goedkeuring van die uitslae van Covid-19-toetse van 'n netwerk van deelnemende laboratoriums wat vir die siekte toets, asook gesondheidsowerhede by grensposte, lughawens en hawens. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, stel die stelsel owerhede in staat om enige bedrog of vervalsing van uitslae vinnig op te tel. Met die groter integrasie onder die verwante stelsels is dit volgens hom makliker vir reisigers om te beplan en hul reise onverstoord aan te pak.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer