Trusted Travel System tot 15 Januarie uitgestel

Henriette Lamprecht
Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld eers van 15 Januarie aanstaande jaar ook in Namibië. Reisigers sou aanvanklik reeds teen 1 Desember hierop moes registreer, maar volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is besluit om dit tot middel-Januarie aanstaande uit te stel om 'n geleidelike en probleemvrye oorgang te verseker.
Ná 15 Januarie 2022 sal net Covid-19-serftifikate wat op die stelsel verkry en verifieer is, aanvaar word om Namibië binne te kom of te verlaat.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer