Trustee in getuiebank oor kindertrust
Die hofstryd tussen die trustees van die Michelle McLean Children’s Trust en sy voormalige direkteur duur in die Windhoek-hoërhof voort.
Jacqueline Louw – Mnr. Nic Kruger, ’n trustee van die Michelle McLean Children’s Trust, is Vrydag onder kruisverhoor geneem deur die voormalige direkteur van die trust se regsverteenwoordiger, senior advokaat Michael Fitzgerald van Suid-Afrika.
In Kruger se getuieverklaring wat by die hof ingedien is, sê hy dat dit geen sin maak om ’n geldinsamelaar in diens te neem en nie die trust se uitgawes in ag te neem voordat sy kommissie bereken word nie.
Een van die gronde van die dispuut tussen die trust en mnr. Danie Botes, die voormalige direkteur, is dat trustees onder die indruk was dat Botes se kommissie op die netto inkomste van die trust bereken sou word. Hy voer aan dat hy geregtig is op kommissie bereken op die bruto inkomste van die trust.
Botes se vergoeding is in ’n notule van ’n vergadering van die trust op 17 Oktober 2005 vervat. Dit maak voorsiening dat Botes 20% sou kry van alle inkomste wat deur die MMCT ontvang word. Die notule het verder bepaal dat Botes se vergoeding op alle skenkings, toelaes, rente op Nedloans (Edms) Bpk inkomste, dividende, gespesifiseerde sowel as ongespesifiseerde inkomste en BTW terugbetalings van die trust bereken sou word. Volgens die notule sou Botes nie geregtig wees op kommissie van wins wat die trust op die verkoop van bates, versekeringseise op bates en rente op sy lopende rekening maak nie.
Een ding wat egter nie in die notule gemeld word nie, is of Botes se vergoeding op die netto of bruto inkomste van die trust bereken sou word.
Volgens ’n notule van ’n vergadering van die trust op 26 Oktober 2010, is Botes se kommissie vanaf 1 Januarie tot 30% van die trust se inkomste verhoog.
Kruger sê ook in sy getuieverklaring dat die trustees en Botes in September 2013 vergader het om sekere onreëlmatighede in die trust se boekhouding te bespreek. Gedurende hierdie tydperk het die trustees besluit om Botes se dienskontrak te beëindig wat daartoe aanleiding gegee het dat hy die trustees onder meer vir meer as N$10 miljoen-skadevergoeding gedagvaar het.
Fitzgerald het dit aan Kruger in kruisondervraging gestel dat Botes op regsverteenwoordigers en rekenkundiges se advies staatgemaak het in sy onderhandelings met die trust en dat dit nie beteken dat hy aanspreeklik is vir enige onreëlmatighede in die trust se boekhouding nie.
Die verhoor duur vandag voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie