Truter bedank nu00e1 teister-ondersoek
Truter bedank nu00e1 teister-ondersoek

Truter bedank ná teister-ondersoek

Nadat ’n onafhanklike span se bevindings aan die raad voorgelê is, is eenparig besluit om met ’n dissiplinêre verhoor voort te gaan.
Pupkewitz Holdings se geskorste uitvoerende hoof het bedank. Volgens ’n amptelike verklaring wat in dagblaaie verskyn het, het mnr. Dougie Truter op 24 September met onmiddellike effek bedank.

Sy bedanking volg ná hy geskors is hangende ’n ondersoek na verskeie bewerings van growwe wangedrag teen hom en kort voor ’n dissiplinêre verhoor oor verskeie klagtes van seksuele teistering teen hom sou begin.

Volgens die voorsitter van die maatskappy se raad van direkteure, mnr. Michael Leeming, beteken Truter se besluit om onmiddellik te bedank eerder as om homself teen die klagtes te verdedig, die ondersoek kan nie voortgaan nie.

“Die raad bevestig, in ooreenstemming met sy beleid wat geen seksuele teistering duld nie, die oomblik wat die bewerings van growwe wangedrag ontvang is, hy onmiddellik opgetree het om dit met die nodige dringendheid te ondersoek,” het Leeming gesê.

’n Span senior advokate en prokureurs het volgens Leeming ’n deeglike, onafhanklike ondersoek uitgevoer.

Ná hul bevindings aan die raad voorgelê is, is eenparig besluit om met ’n dissiplinêre verhoor teen Truter voort te gaan.

Volgens Leeming kan die bevindings van die ondersoek nie bekend gemaak word nie omdat die proses vertroulik bly tot dit voltooi is.

Leeming het versekering gegee die voortgesette bestuur van die Pupkewitz-groep bly in die “baie vaardige” hande van die groep se uitvoerende komitee.

Truter is vier jaar gelede aangestel om die skoene van sy voorganger, die ikoniese sakereus mnr. Harold ­Pupkewitz, vol te staan.

Hy is ’n boorling van Wellington in die Boland, wat in 1985 aan Hugenote Hoërskool gematrikuleer het.

Volgens Bloomberg was hy ­voorheen Imperial ­Logistics Consumer Division in Suid-Afrika se uitvoerende hoof en ook ’n direkteur van Imperial­ Logistics.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!