Tses: Katolieke trek saam
Groot belangstelling is sedert die eerste pelgrimstog van dié soort in 2015 getoon.
Boet Matthews op Tses - Honderde lidmate van die Katolieke Kerk het verlede naweek die tweede Maria-pelgrimstog by die St. Theresa-kerk op Tses bygewoon.
Die verre Suide se Katolieke gemeenskap het dié geleentheid goed bygewoon. Sr. Maria Cecilia, van die Oblate van Frans de Sales (OSFS), het die gemeenskap op hul voete gehad.
“Dit is hoog tyd dat ons Moeder Maria volg en die evangelie verkondig. Kom ons werk met die gees en loof die Here. Julle het na hierdie pelgrimstog gekom om te ontvang en om met diegene buite te deel. Daarbenewens moet ons gereeld ons Bybel lees en wyser word deur God se woord. Los daardie verskoning van 'ek het nie tyd nie'.
“Vir God moet ons tyd maak en nie net by die huis sit en niks doen en onsself bejammer nie. Staan op en deel die talente wat die Almagtige aan almal van ons gegee het. Jy hoef nie skaam te wees om oor God se Woord te praat nie. Inteendeel, hoe meer jy daaroor praat, hoe vinniger sal jy selfvertroue kry en in geloof groei,” het sy gesê.
Derde tog beoog
Groot belangstelling is sedert die eerste pelgrimstog in 2015 getoon.
Van die teenwoordiges op dié Tses-fees het gesê: “Ons is nou oortuig daarvan hierdie moet 'n jaarlikse byeenkoms word. Ons het nederig op ons knieë gegaan en God om leiding en wysheid gevra.
“Nou is ons verseker ons kan dit doen as alle Katolieke op Tses saamwerk. Samewerking en ondersteuning kan die deurslag gee tot die derde pelgrimstog op Tses in 2019.”
Vanjaar se pelgrimstog het met die Heilige Mis begin, waarna lofprysing en gebed gevolg het voor die rosekrans-optog met brandende kerse en gebede in Latyn gevolg het.
Een van die hoogtepunte was die genesingsdiens met handoplegging, en salwing wat met gebed gepaard gegaan het. Soos die nuwe dag (Sondag) aangebreek het, het die Heilige Mis begin en diegene teenwoordig het vir 'n tweede keer nagmaal gebruik.
Die owerste van die De Sales Oblate-vaders en -broeders in Suider-Afrika, vr. Swartbooi, het die Heilige Mis gelei.
Hy is deur vr. Gavin, Elliot en Benedict bygestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie