Tses-moordenaar kry 36 jaar
Die veroordeelde moordenaar is reeds sedert November 2017 in aanhouding en is tot 'n bykomende 36 jaar tronkstraf gevonnis.
Kristien Kruger – Thomas Klein Pieterson (36) is Dinsdag in die hoërhof in Windhoek tot 36 jaar tronkstraf gevonnis vir 'n moord wat hy drie-en-'n-half jaar gelede gepleeg het.
Pieterson het die 44-jarige Josef Olifant met 'n byl of voorhamer, óf albei, doodgeslaan. Daarna het hy 'n draad om die oorledene se nek gedraai en hom aan die agterkant van sy eie motor vasgemaak.
Hy het sowat 1 kilometer gery en die lyk in 'n afgeleë gebied gelos.
Die moord is op 4 November 2017 gepleeg op 'n plaas in die Tses-omgewing waar Pieterson as 'n herder werksaam was.
Die oorledene het, volgens sy broer, vir dekades met 'n gestremdheid geleef nadat hy tien jaar voor sy dood 'n beroerte gehad het.
Hoërhofregter Naomi Shivute het Pieterson in Maart vanjaar skuldig bevind op klagte van moord, diefstal en regsverydeling.
Dit is volgens die hofstukke onduidelik waarom Pieterson die man vermoor het, maar dit is duidelik dat hulle mekaar geken het.
Die oorledene het vir hom gaan kuier op die plaas waar hy gewoon het.
“'n Kosbare lewe is sonder regverdige rede weggeneem. Nadat die beskuldigde die oorledene doodgemaak het, het hy sy oorskot gesleep en op 'n afgesonderde plek neergegooi. Die oorledene was kwesbaar omdat hy met 'n gestremdheid saamgeleef het en hy is koelbloedig vermoor.
“Net die beskuldigde weet wat tot die moord gelei en wat presies gebeur het, want daar was geen ooggetuies nie,” het Shivute tydens die uitspraak gesê.
Pieterson het tydens sy verhoor erken dat hy ten tyde van die moord onder die invloed van dagga was.
VONNISOPLEGGING
Pieterson het op die aanklag van moord – met direkte voorneme om dood te maak – 40 jaar tronkstraf gekry, vir regsverydeling 12 maande en op die klag van diefstal het hy nege jaar ontvang waarvan vier jaar gelyktydig met die vonnis op die klag van moord uitgedien sal word.
Hy sal daarom slegs 36 jaar agter tralies sit en nie 40 jaar nie.
“Die feit dat die beskuldigde 'n eerste oortreder is en langer as drie jaar in aanhouding was, tel in die beskuldigde se guns. Die samelewing se belang weeg veel swaarder as die beskuldigde s'n.
“Die belange van die samelewing vereis dat dit beskerm moet word deur die beskuldigde 'n lang vonnis op te lê,” het Shivute gesê.
DIEFSTAL EN
REGSVERYDELING
Nadat Pieterson van die lyk ontslae geraak het, het hy terug plaas toe gegaan.
Hy het sy huis gesluit en met die oorledene se motor Mariental toe gery om sy meisie te gaan haal. Hulle het daarna weer met die motor terug na sy huis gery.
Hy het weer die motor gebruik om Mariental toe te ry, maar die motor het gebreek en hy het dit langs die pad gelos waar die polisie dit later gevind het.
Pieterson het ook ander items van die oorledene gesteel.
Die lyk is op 12 November 2017 deur 'n verbyganger gevind, maar met die polisie se aankoms by die toneel, was die lyk geskuif. Sleepmerke het gelei tot by die lyk wat onder 'n hoop klippe gelê het.
Mnr. Titus Mbaeva het Pieterson verteenwoordig en die staatsadvokaat was mnr. Tangeni Itula.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie