Tses se hitteslagoffers Saterdag begrawe
Die goewerneur van die ||Kharasstreek en die streekraad gaan kiste skenk vir die twee kinders van Tses, wat weens ontbering dood is, se begrafnis.
Ronelle Rademeyer - Klein Lorencius Tobias (9) en sy niggie Lentina Kooper (5) sal na verwagting Saterdag op Tses begrawe word.
Die lykskouing word vir Vrydag beplan.
Hulle het vermoedelik weens dehidrasie en hitteblootstelling gesterf toe hulle saam met Lentina se ma, me. Teresia Kooper (50), na hul familieplaas sowat 40 km van Tses af gestap het om Nuwejaar daar te vier.
Lentina is Donderdag deur ’n soekgeselskap dood gevind by haar niggie en neef, Jemina en Immanuel Tobias.
Hulle is 15 en 13 jaar oud.
Die twee ouer kinders het by haar lykie onder ’n boom gesit en was baie swak.
Hul jonger boetie se ontbinde liggaam is Saterdagoggend deur die soekgeselskap gevind – ’n hele ent van waar hulle gekry is.
Die Tobias-kinders se pa, mnr. Domenikus Tobias, sê dit gaan goed met Jemima en Immanuel. Hy sê Lourencius se dood is vir hom en sy vrou, Tessa, ’n groot skok.
Tobias sê Kooper is sy vrou se tante.
Sy het op Oujaarsdag met die kinders by ’n distrikspad gaan wag in die hoop om ’n saamrygeleentheid na haar ma se plaas, Grysholde, te kry.
Toe niemand hulle oplaai nie, het sy en die kinders met ’n kortpad deur die veld na die plaas gestap.
Volgens hom het hulle vyf liter water by hulle gehad.
“Die son was baie warm en die water het so warm geword dat hulle dit nie kon drink nie,” sê Tobias.
“Selfs in die huis kon ons voel hoe warm dit was, hoewel ek nie kan sê hoeveel grade dit was nie.”
Kooper is intussen ook gister uit die staatshospitaal op Keetmanshoop ontslaan. Sy was die eerste van die vyftal wat Donderdag sowat 30 km vanaf Tses deur die soekgeselskap, bestaande uit polisiebeamptes en gemeenskapslede, gevind is.
Haar toestand was kritiek.
Tobias sê die ||Kharasstreekraad en die goewerneur van die streek, me. Lucia Basson, sal kiste vir die begrafnis skenk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie