• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Tsjeggiese Republiek toets toeris wat Namibië besoek het vir Omicron
Tsjeggiese Republiek toets toeris wat Namibiu00eb besoek het vir Omicron
Tsjeggiese Republiek toets toeris wat Namibiu00eb besoek het vir Omicron

Tsjeggiese Republiek toets toeris wat Namibië besoek het vir Omicron

Dani Booysen
‘n Tsjeggiese vrou wat in Namibië vakansie gehou het, word volgens die land se eerste minister, mnr. Andrej Babis, getoets om vas te stel of sy die Omicron-variant van Covid-19 onder lede het, berig AFP via Nampa.
Sy het via Suid-Afrika en Dubai na haar vaderland teruggevlieg.
Die vrou is volgens Babis volledig ingeënt en toon net ligte simptome. Die toetsuitslae word môre verwag.
Intussen, berig AFP, vergader lidlande van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vanaf Maandag vir drie dae vir ‘n spesiale sitting in Genève, Switserland om oor ‘n internasionale verdrag oor die hantering van siektepandemies te besin.


DUITSLAND
Volgens AFP het Duitse owerhede ook vandag die eerste geval van Omicron in die land geïdentifiseer by ‘n burger wat uit Suid-Afrika teruggekeer en by die lughawe in Frankfurt geland het.
Die persoon is in selfisolasie geplaas, terwyl verdere toetse gedoen word.
Mnr. Olaf Scholz, wat volgende maand as kanselier ingesweer sal word, het gesê sy koalisie sal “alles wat nodig is” doen om die virus en variante te bestry.
Duitsland is besig om ‘n krisiseenheid saam te stel om die situasie te bestuur.
België het gister die eerste voorval in Europa bevestig.
Die toetsmonster waaruit Omicron geïdentifiseer is, is reeds op 9 November geneem.


‘PERFEKTE STORM’?
The Washington Post beskryf die wêreldreaksie as ‘n “perfect storm”, terwyl daar geen klinkklare bewyse bestaan dat die variant meer aansteeklik of gevaarliker is nie. Omdat dit kom uit ‘n gebied met lae inentingskoerse, is kommer egter groot.
Die lys van lande wat reisbeperkings teen Suid-Afrika, Namibië en ander Suider-Afrikaanse lande ingestel het, dikwels gekombineer met vereistes vir toetsing en kwarantyn, hou aan groei.
Reeds op dié lys is onder meer die Verenigde Koninkryk, VSA, Kanada, verskeie lidlande van die Europese Unie (EU), waaronder Duitsland, Frankryk, Italië en Ierland, Brasilië, Australië, Thailand, Oman, Sri Lanka en Japan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!