Tsjeggiese tydrenjaer sterf by pas

Tanja Bause
Mnr. Jan Hradecky van Tsjeggië het die naweek in 'n motorongeluk op die C14 tussen Solitaire en Walvisbaai by die Gaubpas gesterf. Hy het glo beheer oor sy 1965 Mercedes Benz verloor. Sy vrou, Dana, was saam met hom in die voertuig, maar sy het net ligte beserings opgedoen. Die egpaar was deel van die sesde Classic Safari Challenge wat deur die Endurance Ralley Association gereël is. Hulle was deel van 'n groep van 40 veterane wat vir 28 dae deur Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe ry. “Jan was 'n gesoute tydrendeelnemer. Hy het die 2016-tydren van Peking na Parys voltooi. Ons gedagtes is by Dana en hul families,” het die direkteur van die tydren, mnr. Fred Gallagher, gesê. Foto's verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!