Tsjernobil gaan nou sonkrag gee
Tsjernobil gaan nou sonkrag gee

Tsjernobil gaan nou sonkrag gee

Die toneel van een van die grootste kernrampe ooit, gaan nou omgewingsvriendelike hernubare elektrisiteit opwek.
Elvira Wood



Werk vorder fluks om die perseel waar die Tsjernobil-­kernkragstasie was in 'n sonkragaanleg te verander.

Die kragstasie naby die dorp Pripjat in die Oekraïne het in 1986 ontplof. Dit word as een van die grootste kernkragrampe tot nog toe beskryf.

'n Struktuur – genaamd die sarkofaag – is mettertyd gebou om die nr. 4-reaktor wat ontplof het te verseël.

Elektrec.co berig met dié dat die ­infrastruktuur steeds bestaan om die kragstasie met die land se ­nasionale kragnetwerk te verbind, is besluit om die perseel in 'n sonkragaanleg te omskep.

Die eerste fase is nou afgehandel en sal 1 MW krag lewer.

Die aanleg is net 100 m van die sarko­faag af.

Bloomberg berig die projek vorm deel van 'n oorhoofse plan om sowat €110 miljoen in die gebied te belê.

Die sonkragplaas het €1 miljoen gekos om te bou, sê Efgenij Wariagin, uitvoerende hoof van die Rodina-­energiegroep.

Hulle het die aanleg saam met die Duitse Enerparc gebou.

“Ons optimaliseer die Tsjernobil-­gebied stukkie vir stukkie,” sê ­Wariagin.

“Dit moenie 'n swart kol in die middel van die Oekraïne wees nie.”

Elektrec.co berig dit is steeds ­gevaarlik om in die gebied te werk. Die sonpanele moes byvoorbeeld op betonblokke opgerig word aangesien geen boorwerk in die gebied toegelaat word nie.

Die gebied kan ook glad nie vir ander bedrywighede soos landbou gebruik word nie en volgens Electrec.co word gesê mense sal vir die volgende 24 000 jaar nie daar naby kan woon nie.

– Netwerk24/Bloomberg/Elektrec.co

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!