Tsoenami: Tyd min om laaste oorlewendes te vind
Tsoenami: Tyd min om laaste oorlewendes te vind

Tsoenami: Tyd min om laaste oorlewendes te vind

Amerika het met befondsing gehelp, sowel as rampbestuurskenners gestuur om te bepaal waarmee gehelp kan word.
Die tyd raak min vir mense wat nog onder rommel in Indonesië vasgekeer is nadat ’n aardbewing vyf dae gelede dié land getref het.

Mense is ook kwaad omdat reddingspanne nie vinnig genoeg oorlewendes red nie.

Die eiland Sulawesi is Vrydag deur ’n aardbewing van 7,5 getref, en dit het later die tsoenami veroorsaak.

Die uiteindelike dodetal sal na verwagting derduisende wees. Die omvang van die lewensverlies en rampskade sal duideliker word namate reddingspanne afgeleë gebiede bereik wat al langer as vier dae van die buitewêreld afgesny is.

Die laaste amptelike dodetal was 1 234, maar owerhede is bevrees dié getal kan verhoog.

Die meeste sterftes is in Palu, ’n klein stad met 1 500 inwoners.

Pres. Joko Widodo van Indonesië is veronderstel om sy tweede besoek gister af te lê, nadat hy reeds ’n paar dae gelede vir die eerste keer die rampgebied besoek het.

Sewe vliegtuie het gisteroggend by die Palu-lughawe geland om noodvoorraad te bring.

Widodo, wat volgende jaar deur ’n verkiesing in die gesig gestaar word, kan onder kritiek deurloop indien hy nie vinnig dié situasie beredder nie.

Hy het Dinsdag versterkings aangevra, omdat al die oorlewendes gevind moet word.

VULKAAN

Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die National Disaster Mitigation Agency, het Dinsdag bevestig reddingswerkers het by die ergste geaffekteerde gebiede uitgekom, maar hy wou nie bevestig hoeveel mense daar al dood is nie.

“Ons hoop die dodetal raak nie meer nie, maar dit lyk asof ons tyd min raak,” het hy gesê.

Die aardbewing het hotelle, winkelsentrums, huise en ander geboue beskadig. Sowat 1 700 huise is in een buurt verwoes.

Nie net is Sulawesi getref nie, maar die vulkaan, sowat 600 km van Palu, het gister uitgebars. Niemand is egter dood nie en die as behoort nie vlugte te beïnvloed nie.

Meer as 65 000 huise is beskadig en meer as 60 000 mense is ontheem en kort noodhulp, maar voorraad is beperk.

“Ons kort baie tente, kos, water en higiëniese versorging,” het Nugroho gesê. Daar is ook ’n tekort aan brandstof en elektrisiteit.

Pres. Donald Trump van Amerika het sy medelye met Widodo per telefoon betuig, het Heather Nauert, ’n woordvoerder van Trump se kantoor, gesê.

Amerika het met befondsing gehelp, sowel as rampbestuurskenners gestuur om te bepaal waarmee gehelp kan word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!