Tsumeb-skool hou eerste geldinsameling
Die El Shaddai-skool op Tsumeb het onlangs sy eerste mini-basaar en potjiekoskompetisie gehou en die eerste Mnr. en Mej. El Shaddai is gekroon.
By die basaar was daar talle stalletjies waar die publiek hul produkte verkoop het terwyl die graad 12's verantwoordelik was vir die verkoop van steak en slap tjips. Alle winste van dié stalletjie is ten bate van die matriekafskeid later vanjaar.
Johan Muller en Valerie Steenkamp is onderskeidelik as Mnr. en Mej. El Shaddai gekroon terwyl Corné du Plessis en Leanka van Zyl onderskeidelik as prins en prinses gekies is.
Die algehele wenners in die potjiekoskompetisie was Potproehie (Marie en Charlene Dreyer), gevolg deur VSV Enterprises (Frans Steyn en Cindy Kruger) in die tweede plek en K&L General Services (Kwas en Louise van Zyl) in die derde plek.
In die afdeling vir juniors is twee potte ingeskryf en omdat die puntetelling gelyk was, is die prys gedeel tussen die graad 7's en 8's wat gekook het.
“Tsumeb se gemeenskap en besighede het ons ongelooflik ondersteun en ons wil hiermee baie dankie sê vir elke skenking of bydrae wat ons ontvang het,” het die skool se stigter, me. Jolene Nel, gesê. “Die dag was ’n reusesukses en ons het genoeg geld ingesamel om nuwe stoele, witborde en ander benodigdhede te koop.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie