Tsumkwe-Wes se heinings val
Drie maande ná die sperdatum monitor die polisie die verwydering van onwettige heinings in die bewaringsgebied.
Catherine Sasman - Bronne in die Omatako-nedersetting van die Na?aJaqna-bewaringsgebied, in Tsumkwe-Wes, het Maandag bevestig onwettige heinings word verwyder.
Die bronne het gesê werksaamhede het op 24 Februarie begin en dat die proses deur die Namibiese polisie en beamptes van die ministerie van grondhervorming en die Otjozondjupa- kommunale grondraad gemonitor word. Hulle het voorts bevestig daar was tot nou geen teenkanting van onwettige besetters nie, ten spyte daarvan dat hulle in die verlede geweier het om te trek.
“Mense rol die drade op. Tot nou toe was daar nie spanning nie, maar ons weet nie wat later kan gebeur nie,” het 'n bron gesê.
Die hoërhof het in Augustus verlede jaar beveel dat 22 van die 35 besetters in die bewaringsgebied die gebied moet verlaat en binne 60 dae hul onwettige heining en lewendehawe moet verwyder.
Die hof het die grondraad en ministerie gemagtig en beveel om die heinings te verwyder sou die besetters nie binne die gegewe tydperk trek nie.
Dit is nou bykans drie maande sedert die verstryking van die spertyd. Die vertraging is veroorsaak deur 'n hooggeregshofuitdaging van die hoërhofbevel. Die hooggeregshof het egter op 28 Desember verlede jaar die onwettige besetters ingelig dat hulle appèl verval het en dat die hoërhofbevel van krag bly.
Ter versagting het die onwettige besetters beweer dat die Kommunale Grondhervormingswet 5 van 2002 die Na?aJaqna-bewaringskomitee belet om mense van kommunale grond in 'n bewaringsgebied te verwyder.
Die regshulpsentrum (LAC), wat die Na?aJaqna-bewaringskomitee verteenwoordig het, het gesê lede van die !Kung tradisionele gemeenskap beset al sedert die vroegste tye die bewaringsgebied en daarom het hulle die reg en gesag om onwettige besetters uit te sit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie