Tsvangirai beter, moet net stres vermy
Morgan Tsvangirai (65), Zimbabwiese opposisieleier, is “buite gevaar”, het 'n bron in die MDC, die politieke party waarvan Tsvangirai die leier is, gister bekend gemaak.
Hy is wel steeds in 'n hospitaal nadat hy die naweek per vliegtuig van Harare na Suid-Afrika gebring is nadat hy erg begin opgooi het.
Tsvangirai, wat pres. Robert Mugabe in volgende jaar se verkiesing gaan teenstaan, herstel volgens die bron goed, maar dokters het hom aangesê om tot minstens die komende naweek stres en ooreising soveel as moontlik te vermy.
Tsvangirai het Donderdagaand skielik siek geword op 'n vergadering van die MDC in Kadoma, 'n dorp sowat 160 km van Harare.
Die MDC-bron het Tsvangirai se opname as roetine beskryf en ontken dat hy gekoppel is aan 'n lewensondersteuningstelsel.
Tsvangirai word sedert verlede jaar vir kolonkanker behandel, maar het sy gesondheid self as goed beskryf. Sy huidige siekte is volgens die bron nie kankerverwant nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie