Tsvangirai ‘geskok’ om te lees oor sy toestand
Morgan Tsvangirai, leier van die MDC in Zimbabwe, sê hy is geskok om in die media te lees dat sy toestand kritiek is.
Tsvangirai het Dinsdag getwiet hy het wel kanker en dat hy nie “te goed voel nie”, maar dat sy toestand stabiel is.
“Die (herstel)proses is onder beheer. Ek is tot onlangs nog gereeld op Twitter en ek herstel,” het Tsvangirai in sy twiet geskryf.
eNCA het Dinsdag berig dat hy veg om sy lewe in ’n hospitaal in Suid-Afrika.
Tsvangirai, voormalige eerste minister van Zimbabwe, het in 2016 aangekondig dat kolonkanker by hom gediagnoseer is en dat hy chemoterapie ontvang.
Hy het gehoop om sy party in die 2018-verkiesing te lei.
Hy het die meeste stemme in die eerste ronde in die verkiesing in 2008 gewen, maar amptenare het gesê dit was nie genoeg om teen Robert Mugabe te wen nie.
Geweld het hierna uitgebreek. Tsvangirai het hom aan die verkiesing onttrek en het die pos as eerste minister aanvaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie