Tsvangirai se MDC stry oor wie sy plek moet vul
Tsvangirai se MDC stry oor wie sy plek moet vul

Tsvangirai se MDC stry oor wie sy plek moet vul

Zimbabwe se hoofopposisie, Movement for Democratic Change (MDC), is in ’n magstryd gewikkel oor wie in beheer van sake staan terwyl Morgan Tsvangirai, sy leier, kankerbehandeling in ’n Suid-Afrikaanse hospitaal ontvang.

AFP berig die MDC se twee adjunkpresidente, Nelson Chamisa (40) en Elias Mudzuri (60), het albei op sosiale media beweer dat hy die leier van die party is.

Mudzuri het glo gesê dat dit slegs die waarnemende president is wat die reg het om met Tsvangirai te praat en namens hom op te tree.

“Dit is ek en niemand anders nie,” het hy aan Suid-Afrikaanse televisie gesê.

’n Senior beampte van Chamisa se kamp het anoniem aan AFP gesê dat Mudzuri bedrieglik is en dat Chamisa die huidige leier van die party is.

Thokozani Khupe, die MDC se derde adjunkpresident, het onlangse partyvergaderings geboikot.

‘Binnekort’

Bulawayo24 News berig dat die adjunkpresidente veg om leier van die party in Tsvangirai se afwesigheid te wees.

Luke Tamborinyoka, Tsvangirai se woordvoerder, sê diegene wat daarin belang stel om Tsvangirai op te volg, is “politieke aasvoëls”.

Hy het volgens Bulawayo24 News aan joernaliste gesê dat Tsvangirai nog siek is, maar “binnekort” na Zimbabwe sal terugkeer.

Die 65-jarige Tsvangirai tree vir byna twee dekades as die amptelike opposisie teen die voormalige president, Robert Mugabe, op.

Die komende verkiesing sal die eerste wees sonder Mugabe in 37 jaar.

Tamborinyoka het Woensdag luidens dié berig aangekondig dat Tsvangirai Chamisa as die party se leier aangestel het tot sy terugkeer na Zimbabwe.

Ander partylede betwis dít egter en sê Mudzuri het voor dié aankondiging opgetree as die waarnemende leier, of dat Khupe die regmatige erfgenaam is.

Tamborinyoka het dié dispute as “onnodige opskudding” bestempel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!