Tuané kwalifiseer vir o.20 wêreldkampioenskap

Atletiek
Andrew Poolman
Die 18-jarige Tuané Silver het vir die tweede keer in minder as drie weke die Namibiese nasionale rekord in gewigstoot verbeter.
Sy het met gemak die kwalifiserende merk vir die o.20 wêreldkampioenskap in Colombia – 14.50 meter– oortref.
Silver het Woensdagaand by die Tuks Top 10-byeenkoms in Pretoria die goue medalje verower met ’n wenafstand van 15.24 meter, wat ook die nuwe byeenkomsrekord is.
Nadat Charlene Engelbrecht se beste merk (13.82 meter) meer as ’n dekade sedert April 2011 se nasionale kampioenskap in Windhoek bly staan het, het Silver die nuwe rekordhouer geword toe sy by die tweede Atletiek Namibië Grand Prix op 22 Januarie in die hoofstad met 14.86 gewen het.
Silver se Windhoek Gimnasium-atletiekklub het haar en haar afrigter Christine van der Linde gelukgewens met dié beloning vir hul toewyding.

IN WINDHOEK
Die QSB-atletiekklub hou môre ’n baie spesiale byeenkoms op die Onafhanklikheidstadion.
Die nuwe Epic-reeks is bedoel vir atlete wat nie normaalweg toegang tot byeenkomste het nie – soos die geskatte 7 000 kinders landwyd wat tuisonderrig kry, terwyl diegene in staatskole wat nie interhuisbyeenkomste hou nie, ook genooi is.
Teen gister het bykans 200 kinders vanaf onder 7 tot o.19 glo reeds ingeskryf vir die byeenkoms môre vanaf 08:00 tot net ná 13:00.
“Ons sal hierdie platform ook vir die ander sportkodes begin aanbied om kinders die geleentheid tot sport te gee. Vir baie is daar óf nie plek in staatskole nie, óf privaatskole is te duur, óf hulle bly ver van skole af. Daar is dus ’n behoefte vir vele sulke kinders se sportdeelname,” sê me. Leoni van Rensburg, ’n organiseerder.
Die program sluit naellope (vanaf 60 meter), middelafstande (800 en 1500), gewigstoot, diskusgooi, spiesgooi, verspring en hoogspring in.
Die koste is N$50 vir die eerste kind uit ’n huishouding, N$30 vir die twee en toegang is N$10. Skakel 081 166 0614.

FOTO
Tuané Silver ná haar nuutste rekord in Pretoria. FOTO VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!